# Solidariteit, in samewerking met die boormaatskappy Booysens Bore, het 65 werkers van die maatskappy van afdanking gered. Dit volg na die sluiting van Assmang Beeshoek se ystermyn naby Postmasburg in die Noord-Kaap. Die myn is gedwing om te sluit weens die voortgesette ekonomiese krisis wat beide die myn en die breër ekonomie raak. Pieter […]
# Die Stad Tshwane sê hy gaan voort om toe te slaan op sakeondernemings wat nie verordeninge nakom nie en het die afgelope tyd talle boetes uitgereik. Tydens ʼn onlangse driedaagse diensleweringsoperasie in Bronkhorstspruit is 30 ondernemings geïnspekteer, en 12 verbodbevele en sewe nienakomings-kennisgewings is uitgereik. Die burgemeester se woordvoerder, Zintle Mahlati, sê hierdie operasie […]
# US president Donald Trump’s administration has been criticised for its decision to significantly cut the number of refugees admitted to the US every year to seven-thousand-500. Last year’s ceiling set under former president Joe Biden’s administration was 125-thousand. Trump says priority will be given to white Afrikaners from South Africa and other victims of illegal […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het kommer uitgespreek oor die aansienlike afname in die aantal beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die metro se strate. Daar is vanjaar sewe-duisend-355 aktiewe polisiebeamptes in Kaapstad. Dit is 15-persent minder as die geraamde agt-duisend-665 in 2021, wat bereken is volgens die polisie-tot-bevolking-koers in dié tydperk. Hill-Lewis sê […]
# Die GOOD-party sê hy is bekommerd dat die sogenaamde Vinnige Afhandelingsproses nie ‘n formeel aanvaarde beleid van die Kaapse stadsraad is nie en ook nie ondersteun word deur enige wetlike gesag of beheerraad-raamwerk nie. Wesley Neumann van die party sê die burgemeester Geordin Hill-Lewis het erken dis bloot ‘n interne naam wat gebruik word […]
# Die Forum for South Africa sê hy ondersteun glad nie die aanstelling van twee adjunkministers in enige enkele departement nie. Druk neem toe op president Cyril Ramaphosa om sy Kabinet te verklein en adjunkministerposte af te skaf. Dit volg na onthullings dat twee adjunkministers van Polisie hul poste meer as ʼn jaar beklee het […]
# Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering sê wêreldwye ooreenkomste is nodig om koolstofafskeidings in die vervoersektor te verminder wat die groeiende markvraag na elektriese voertuie bespoedig het. Volgens ‘n projeksie sal 63-persent van uitvoermarkte teen 2035 ‘n verbod op die verkoop van nuwe voertuie met binnebrandenjins plaas. Die adjunkdirekteur van Krag in die […]
# Die vakverbond, Saftu, sê ten spyte van progressiewe arbeidswetgewing om werkers te beskerm, bly basiese nakoming van arbeidswette volgens hom laag. Dit volg nadat twee werkgewers in Mandeni, KwaZulu-Natal, onlangs gearresteer is na ʼn inspeksie deur die Departement van Indiensneming en Arbeid. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê die inspeksie het misbruik van werkersregte onthul, wat […]
# Cosatu het die regering geloof vir die herlewing in die plaaslike treinvervaardigingsbedryf nadat die 300ste passasierstrein die week in Nigel voltooi is. Dis deel van die regering se groter poging om die passasierspoorbedryf te herbou tot ʼn betroubare, doeltreffende en inklusiewe manier van vervoer. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle is vol vertroue […]