# City Power het kommer uitgespreek oor die toename in diefstal en vandalisme in Lombardy-Oos in Alexandra en omliggende gebiede. Tussen Maart en die tweede week van hierdie maand is 28 voorvalle van diefstal en vandalisme aangemeld. Sommige voorvalle het plaasgevind pas nadat herstelwerk gedoen is. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê misdadigers wat […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy is versigtig optimisties dat die Nasionale Onderwys- en Opleidingsraad positief sal bydra tot die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het gister die nuwe raadslede aangekondig. Die raad sal die minister se onafhanklike raadgewende liggaam wees in sleutel- onderwysbeleidsrigtings en -hervorming. Wynand Boshoff van die VF […]
# Die MK-party sê hy is bekommerd omdat Suid-Afrika voortgaan om sy seldsame aardminerale onverwerk uit te voer terwyl buitelandse magte voordeel trek uit die verwerking en raffinering. Die land is ryk aan strategiese minerale soos neodimium, disprosium, serium en lantaan. Die MK-party sê hy gaan ʼn privaatlidwetsontwerp in die Parlement voorlê dat seldsame aardmetale as […]
# ActionSA in Gauteng sê hy is teleurgesteld in premier Panyaza Lesufi wat steeds misluk met besette geboue. Die premier en president Cyril Ramaphosa het in Maart onderneem om die Onteieningswet te gebruik om besette geboue terug te neem en veiligheid en waardigheid in gemeenskappe te herstel. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê in ‘n geskrewe […]
# Die Vryheidsfront Plus het die Gelykheidshof se uitspraak verwelkom dat die EFF-leier, Julius Malema, skuldig is aan haatspraak. Dit volg op ʼn saamtrek in Oktober 2022 toe Malema partylede berispe het omdat hulle nie teen ʼn wit man opgetree het nie. Die man was deel van ʼn groep wat hulle buite die Hoërskool Brackenfell […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika het ʼn gedugte stem verloor met die dood van EWN se mederedakteur oor politiek, Tshidi Madia. Sy is gister na ʼn kort siekbed in die hospitaal oorlede. Mashatile se woordvoerder, Keith Khoza, sê agter haar skerp intellek en strategiese benadering tot haar werk, was ʼn groot liefde vir haar […]
# Die ANC sê hy verwelkom die verduideliking van die party se Jeugliga oor die nasionale dialoog en sy ondersteuning daarvan. Dit volg nadat die Jeugliga die nasionale konvensie vir die dialoog gekritiseer en gesê het dit kort betrokkenheid van die jeug en dis bloot ‘n teeparty vir vriende. Die regering beskryf die dialoog as […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê daar is net minder as 13-duisend aktiewe polisielede in die provinsie wat as gevolg van die vinnige bevolkingstoename te min is. Hy sê die voortslepende bendegeweld en die onlangse vlaag minibustaxi-verwante skietvoorvalle vereis sterker polisiëring. Winde sê meer as 25-duisend polisielede moet in die provinsie ontplooi wees:
# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, vra ʼn verenigde benadering in die stryd teen mensehandel en uitbuiting van jong vroue. Dit volg ná bekende Suid-Afrikaanse smaakmakers se video’s op sosiale media oor omstrede en moontlik onwettige werksgeleenthede in Rusland. Die advertensie teiken jong vroue tussen 18 en 22 jaar. Nel sê […]