# Die Suid-Afrikaanse Emmy-bekroonde animeerder, Lesego Vorster, inspireer ’n nuwe era storievertellers. Hy het die Hidden Hand Studios gestig en met die ondersteuning van die Nasionale Video- en Filmstigting, die Franse Instituut van Suid-Afrika ‘n Emmy verower vir Karakterontwerp vir die Kizazi Moto episode van You Give Me Heart. Hy gee nou opleiding by Tshimologong […]
# Die vakbondfederasie Saftu sê onthullings in die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor die Tembisa-hospitaal in Gauteng toon nie bloot wanadministrasie nie, maar die stelselmatige diefstal van hulpbronne waar lewens gered moes word. Die verslag het drie gekoördineerde sindikate ontbloot wat verantwoordelik is vir die plundering van meer as twee-miljard-rand. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, […]
# Die spoorwegtoerustingverskaffer Gibela Rail Transport Consortium het Reggie Boqo aangestel as die nuwe uitvoerende hoof met ingang van Woensdag af. Boqo dien sedert April verlede jaar as die waarnemende uitvoerende hoof. Gibela het ‘n kontrak van 51-miljard-rand met die regering om 600 passasierstreinstelle vir die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika teen 2028 te vervaardig. Die kontrak […]
# Senior advokaat Matthew Chaskalson is aangestel as hoof-getuienisleier van die Madlanga-kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die strafregstelsel. Dit volg nadat advokaat Terry Motau skielik bedank het na slegs tien dae in die pos. Chaskalson, ʼn veteraan van die Marikana- en die staatskapingskommissie, sluit aan by senior advokate Mahlape Sello […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê al is die huidige handelsprobleme tussen Suid-Afrika en Amerika op nasionale vlak ʼn onlangse verwikkeling, is die verhouding met dié land op ʼn staat tot provinsiale vlak steeds sterk. Hy was pas in Amerika op ʼn amptelike besoek van tien dae. Amerika is die Wes-Kaap se tweede grootste […]
# Die DA in Gauteng sê die ekonomie sal net behoorlik aan die gang kom as alle instellings wat verantwoordelik is vir werkskepping soos ‘n goed-geoliede masjien funksioneer. Die Gautengse Groei- en Ontwikkelingsagentskap het 43 waarnemende personeellede wat wissel van senior tot laer posisies, soos uitvoerende hoofde, die hoof finansiële beampte, departementsbestuurders en betaalstaatbeamptes. Mike […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, en die Suid-Afrikaanse uitvoerende toesigkomitee oor die meesterplan vir hernubare energie het ʼn onderneming onderteken om dié plan te bevorder. Dit bevat ʼn omvattende raamwerk om die inklusiewe industrialisering van die Suid-Afrikaanse hernubare energie-waardeketting en battery-berging te hanteer ter ondersteuning van werkskepping en ekonomiese mededingendheid. Graham-Maré […]
# Die Tafelberg Nasionale Park het bevestig die veldbrand in Kampsbaai wat oor sowat 25 hektaar gewoed het, is onder beheer. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê verskeie staproetes is steeds gesluit, insluitend die toegangspunt van agter Tafelberg. Hy voeg by sowat 50 brandbestryders is steeds op die berg om brandpunte te bestuur:
# Die Stad Tshwane waarsku nie alle inwoners van die Marry Me-plakkerskamp in Soshanguve sal by die beplande projek om dit wettig te maak, ingesluit kan word nie. Amptenare sê gebrek aan ruimte, beperkte infrastruktuur en regulatoriese vereistes is van die redes hiervoor. Die metro sê die wettigingsproses sal in fases geskied, met voorkeur aan […]