# Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, in vennootskap met die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie, is besig om ‘n Wetenskap-, Tegnologie- en Vernuwings-padkaart vir Landbou te ontwikkel. Die padkaart sal koördinering verbeter, vernuwing aandryf en die hervorming van Suid-Afrika se agri-voedselstelsel as inklusief en veerkragtig ondersteun. Maneshree Jugmohan-Naidu van die departement sê […]
# Die Israeliese Weermag het swaar lugaanvalle op die suide van Libanon uitgevoer na ontruimingsbevele vir verskeie plekke en sê die Libanese gewapende groep Hezbollah probeer sy militêre vermoëns daar herbou. Dit het gevolg ondanks ‘n wapenstilstandooreenkoms ‘n jaar gelede tussen Israel en die Irans-gesteunde Hizbollah. Vrese in Libanon neem toe dat Israel volskaalse lugaanvalle […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit sê hy het met kommer kennisgeneem van die aantal swaarvoertuie wat die afgelope weke op Bainskloofpas vasgesit het. In die afgelope twee maande alleen het sewe swaarvoertuie op die pas vasgehaak, wat verkeersvloei aansienlik ontwrig het en veiligheidsrisiko’s vir ander padgebruikers inhou. Maxine Bezuidenhout van die departement sê Bainskloofpas […]
# Die voormalige minister van Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, het homself aan die Pretoriase polisie oorgegee in verband met voortgesette ondersoeke na korrupsie by Transnet. Gigaba was tussen 2010 en 2014 minister van Openbare Ondernemings. Dit was ‘n tydperk waartydens die berugte Gupta-familie en hul medewerkers na bewering beduidende invloed uitgeoefen het op groot Transnet-kontrakte, […]
# Soedan se paramilitêre Rapid Support Forces het ingestem tot Amerika en Arabiese moondhede se voorstel vir ‘n humanitêre wapenstilstand en is bereid om te praat oor die staking van vyandelikhede. Die RSF en die Soedanese Lëer het tydens hul oorlog van twee en ‘n half jaar albei ingestem tot verskeie wapenstilstandsvoorstelle, maar nie een […]
# Tennis: Die Italianer Lorenzo Musetti kan steeds sy plek verseker in die ATP-jaareindtoernooi, wat Sondag in Turyn in sy geboorteland begin. Hy het die Fransman Alexandre Muller in die kwarteindronde van die Hellenic-toernooi in Athene, Griekeland, geklop en kom nou teen die Amerikaner Sebastian Korda te staan. Musetti moet die toernooi wen om vir […]
# Cricket: The Dolphins have signed batter Leus du Plooy for the remainder of Cricket South Africa’s T20 Challenge as an overseas player. The 30-year-old played for the Knights, the Titans, South Western Districts and Boland in South Africa before pursuing a career in England. He has since represented Derbyshire and Middlesex in the County […]
# Die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het inwoners gewaarsku oor die toename in malariagevalle in die provinsie. Ekurhuleni is een van die distrikte in die provinsie met die hoogste aantal gevalle, met 25 per 100-duisend mense tussen Januarie 2022 en Desember 2024. Die toename word hoofsaaklik toegeskryf aan reise na endemiese gebiede soos […]
# Die Activists and Citizens Forum sê Bosasa se voormalige bedryfshoof, Angelo Agrizzi, se pleitooreenkoms met die staat is bittersoet. Hy het gister in die Hooggeregshof in Pretoria skuldig gepleit op drie aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Die hof het hom op elke aanklag tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis, maar die hele vonnis […]