# Cricket: Proteas fast bowler Anrich Nortjé says he is excited about the prospect of wearing the Test cap again. The 32-year-old, who last played a Test in 2023, is in South Africa’s 18-player preliminary squad for the three-match World Test Championship series against Australia. Nortjé says he has been preparing for a possible recall, […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het geen verdere berigte van dooie of siek sardyne ontvang sedert ‘n geïsoleerde voorval naby Mbotyi aan die noordelike Wildekus nie. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Bioverskeidenheid het bevestig dat sardyn-herpesvirus ontdek is in ʼn sardynmonster van 1 September in Port St Johns. Die departement se […]
# Die Stad Kaapstad sê hy het ‘n omvattende verslag by die Konstitusionele Hof ingedien wat in ooreenstemming met grondwetlike verpligtinge, duidelike vordering met bekostigbare behuising toon. Die hof het in Julie bevind die owerhede het versuim om die behoefte aan bekostigbare behuising in goed geleë dele van Kaapstad, insluitend Tafelberg, voldoende aan te spreek. […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mamoloko Kubayi, sê elke leerder het geleentheid om deel te neem aan en uit te blink in regsgeletterdheidsprogramme. Sy het die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole-skynhofprogram in die Konstitusionele Hof toegespreek. Kubayi sê dit gee leerdersdie geleentheid om kennis te maak met grondwetlike regte en die beskerming van kinders […]
# Die Stad Tshwane sê die sake-eenheid vir Energie en Elektrisiteit het aansienlike vordering gemaak om kragvoorsiening na die Waltloo-nywerheidsgebied te herstel, en sowat 90-persent van die betrokke gebiede het weer krag. Dit volg na verlede week se brand by die Waltloo-substasie wat wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak het. Die metro se woordvoerder, Lindela Mshigo, sê alle […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die regering se verbintenis om die tydelike onderbreking wat Landbank ingestel het op nuwe aansoeke onder die gemengde finansieringskema, op te los. Die skema ondersteun meer as 14-duisend werksgeleenthede, insluitend sowat sewe-duisend-860 deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, en meer as ses-duisend-480 deur Landbank. Bennie van Zyl van TLU SA sê die […]
# Brazil’s presidential election is heading to a runoff after right-wing Flávio Bolsonaro, an ally of US president Donald Trump, won the first round. The 45-year-old received 47.24-percent of the votes, with incumbent left-wing president Lula da Silva getting 44.91-percent, with neither securing more than 50-percent to win outright. Key issues for voters have been sovereignty, crime, […]
# Die polisie in Limpopo het ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat die liggaam van ‘n 22-jarige vrouestudent van die Universiteit van Limpopo langs die omheining net buite die kampus in Sovengastraat gevind is. Sy was gedeeltelik geklee en het haar identiteitsdokument en kaart van die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand aan Studente by haar gehad. […]
# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, moedig Suid-Afrikaners en veral jongmense aan, om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslike regeringsverkiesing in November te stem. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is benoem om tien-duisend-526 raadsetels in munisipaliteite te betwis. Die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings is tevrede met die voorbereidings vir die […]