# Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in Gauteng toets ʼn nuwe water-moniteringstelsel wat deur die Wetenskaplike en Nywerheidsraad ontwikkel is om waterlekkasies en chloorvlakke te monitor. Die telemetrie-gebaseerde toetsprojek is daarop gemik om water-verwante gesondheidskrisisse soos dié by Bronkhorstspruit en Hammanskraal te voorkom. LUR Jacob Mamabolo sê die tegnologie sal water-vlakke en -vloei in verspreidingsnetwerke […]
# Die burgerregte-groep, Defend Our Democracy, sê dalende vertroue in plaaslike regering en politieke leiers moenie Suid-Afrikaners ontmoedig om in die plaaslikeregeringsverkiesing te stem nie. Die organisasie se uitvoerende direkteur, Wade Manning, sê inwoners moet hul stemme gebruik om betroubare water, elektrisiteit en aanspreeklike leierskap te eis. Defend Our Democracy sal meer as twee-duisend-600 opgeleide […]
# Die Departement van Basiese Onderwys sê die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen verloop glad en die halfpadmerk kom nader. Geen ernstige voorvalle is aangemeld wat die eksamen se algehele geloofwaardigheid en integriteit in gedrang bring nie. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê hulle hou verwikkeling in die Wes-Kaapse taxigeweld dop. Hy sê leerders moenie benadeel […]
# Sokker: Gauteng se LUR vir Onderwys, Sport, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, moedig Orlando Pirates en Kaizer Chiefs se ondersteuners aan vandag by die Soweto-derby by die FNB-stadion voorkeur te gee aan veiligheid. Die twee spanne sal wil spog wanneer hulle die 186ste keer amptelik meeding. Maile sê die provinsie sal ondersteuning bied wat […]
# Twee Zimbabwiese burgers is gister gearresteer nadat beamptes tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie op die N1 naby Kranskop in Limpopo plofstof in ʼn Toyota Quantum gevind het. Die verdagtes was op pad van Zimbabwe na Gauteng. Limpopo se LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Nakedi Kekana, loof provinsiale verkeersbeamptes vir hul werk tydens Oktober se Vervoermaand. Dit […]
# KwaZulu-Natal stel sy toerisme- en kreatiewe bedrywe aan internasionale beleggers bekend tydens FAME Week Africa 2026 in Kaapstad. Die provinsie hoop om filmvervaardigers te lok, belegging in toerisme te bevorder en werk te skep. Toerisme KwaZulu-Natal se woordvoerder, Pinky Radebe, sê die geleentheid kan die kreatiewe ekonomie en toerisme bevorder, en stel die provinsie […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit verwelkom die tussentydse interdik teen die taxiverenigings, CATA en CODETA. Dit volg ná die week se hernude taxigeweld wat minstens drie lewens by die Palm-taxistaanplek in Delft geëis het. Skietvoorvalle is ook aangemeld by taxistaanplekke in Mfuleni, Khayelitsha en Gugulethu. Die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê die interdik […]
# Amerika se Departement van Buitelandse Sake het ingestem om 500 Patriot PAC-3-missiele aan Oekraïne te verkoop teen ʼn koste van sowat 35,11-miljard-rand. Hierdie missiele is van die min wapens wat inkomende ballistiese missiele kan afskiet. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, vra lankal nog missiel-onderskeppers om sy land teen toenemende Russiese lugaanvalle te beskerm. Die […]
# Die EFF sê hy vertrou hy het met sy verkiesingsveldtog die mense op voetsoolvlak bereik. Die party hou vandag sy laaste verkiesingsaamtrek op die Orlando-stadion in Soweto in ʼn laaste stemwerf-poging voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, sê hulle sal in alle koalisie-onderhandelings voorkeur gee aan werksgeleenthede, beter munisipale dienste en […]