# Rugby: Die Stad Kaapstad verwag ‘n vol Kaapstad-stadion vir Saterdag se geskiedkundige kragmeting tussen die Springbokke en die Barbarians. Die wedstryd is die eerste ontmoeting tussen die twee spanne sedert 2016 en die eerste een op Suid-Afrikaanse bodem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê meer as 40-duisend toeskouers word verwag en […]
# Die eThekwini-munisipaliteit sê Afrika se grootste perdewedren- en modegeleentheid, die Durban July, beteken vanjaar ‘n inspuiting van sowat 690-miljoen-rand in die metro se ekonomie. Volgende naweek se geleentheid op die Greyville-renbaan spog met ‘n sterbelaaide program, insluitend die veelbekroonde Afro-pop-duo Mafikizolo, die groep Sunset Sweatshop en die sangeres Lira. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu […]
# Die GOOD-party het die nuus verwelkom dat die Valke die bewerings ondersoek in die voorlopige Vermaak-verslag oor verkrygingsprosedures in die Swellendam-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Die verslag bevat ‘n uiteensetting van ingewortelde korrupsie en belangebotsings waarby senior amptenare betrek word, insluitend die munisipale bestuurder, finansiële hoof en die voorsieningsketting-bestuurder. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê […]
# Die polisie sê landwye Vala Umgodi-operasies is gemik op die bestryding van onwettige mynbou en verwante misdadige aktiwiteite. Operasies tussen 16 en 22 Junie het gelei tot die arrestasie van 142 verdagtes. ‘n Polisiewoordvoerder, Vincent Mukhathi, sê die verdagtes is in hegtenis geneem vir onwettige mynbouverwante oortredings en verskeie ander misdade, insluitend betreding, die […]
# Minister of Forestry, Fisheries and the Environment, Dion George, has congratulated Marine Dynamics Shark and Whale Tours for winning the ATTA Marine Impact Award at the Experience Africa Travel Conference in London. Marine Dynamics has been recognised for its unwavering dedication to protecting South Africa’s marine and coastal ecosystems while advancing sustainable tourism and community empowerment. Minister George […]
# Die Vereniging vir Staatsamptenare doen ‘n beroep op die Vrystaatse Departement van Onderwys om dringend in te gryp by die waterkrisis by die Panorama Combined School. Die vereniging sê die skool is al vir verskeie maande sonder water wat die gesondheid, veiligheid en waardigheid van leerders en personeel aantas. Claude Naiker van die vakbond […]
# Die landbou-organisasie TLU SA sê bek-en-klouseer is buite beheer in Suid-Afrika en die regering moet hulpbronne ontplooi om die uitbreking te bekamp. Die organisasie sê hoewel daar in sekere provinsies met inentings begin is, word nuwe gevalle steeds op sommige plase aangemeld. Bennie van Zyl van TLU SA sê dis noodsaaklik dat streng biosekerheidsmaatreëls […]
# One of Namibia’s renewable energy pioneers, InnoSun, says it’s aiming to exceed the national target of 70-percent renewable energy mix by 2030. The company is known for its early adoption of clean energy solutions. In an exclusive interview with Future Media News, InnoSun’s Nangula Geingos says they plan to scale up solar and wind […]
# Die DA in Gauteng eis ‘n verduideliking oor waarom die ooreenkoms tussen die Emfuleni-munisipaliteit en Rand Water nie nagekom is nie. Dit het tot gevolg gehad dat daar op die munisipaliteit se bankrekenings beslag gelê is. Emfuleni se waterverlies het teen die einde van Maart 57,3-persent beloop. Elize Aucamp van die DA sê dit […]