# Die Stad Tshwane het ‘n opgedateerde handleiding op sy webwerf gepubliseer oor die vereistes vir die indiening van grondontwikkelingsaansoeke. Die aansoeke sluit in hersonerings, township-ontwikkeling en die verdeling daarvan, toestemmings, toestemmingsgebruike, onderverdelings en wysiging of opskorting van beperkende titelvoorwaardes. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê die grondgebruikbestuurstelsel speel ‘n […]
# ‘n Ses-en-twintigjarige sekerheidswag is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 14-jarige meisie in Roodepoort, Gauteng. Mpho Antonio Lebona, wat ‘n woonkompleks moes bewaak, het die meisie in Januarie 2021 verkrag. Hy het beweer sy het toestemming gegee. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, sê landdros Thelma Simpson het lewenslange […]
# Die DA in die Wes-Kaap het die een-duisend-276 marimba-spelers gelukgewens wat gehelp het om die Guinness-wêreldrekord vir die grootste marimba-samespel by die Grand West Arena in Kaapstad te verbeter. Die samespel het talentvolle musikante tussen agt- en 62-jaar byeengebring uit meer as 70 skole in Suid-Afrika en twee van Zimbabwe. Thomas Walters van die […]
# Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sê die land se ekonomie beleef ʼn noodtoestand en dringende optrede is nodig. Ekonomiese groei het in die eerste kwartaal verlangsaam met die bruto binnelandse produk wat ʼn geringe toename van 0,1-persent getoon het. Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het in sy slotopmerkings gesê dringende optrede is […]
# Ses kunstenaars se kunswerke is by die jongste uitstalling van die Javett-kunssentrum van die Universiteit van Pretoria te sien in ‘n tentoonstelling met die titel One and the Many. Die kunswerke wissel van ‘n groot rooi seil wat op die grond met soutpakke vasgehou word, en kleurvolle skilderye van die jongste sakeleier, Richard Maponya […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hulle sal nie gedwing word om die Ekurhuleni-metro se 2025/2026-begroting te ondersteun, wat in Mei vanjaar aanvaar is nie. Die begroting is weer aan die Raad voorgelê vir finale goedkeuring, aangesien die tariewe wat tydens die begrotingsproses aanvaar is, nou gehef sal word. Jennifer Glover van die VF Plus sê […]
# Die metaalwerkersvakbond, Numsa, se lede by Lesedi Aluminium/Big Cookware in Thaba Nchu in die Vrystaat, het vir ʼn onbepaalde tyd begin staak. Dit volg na ʼn dooiepunt met die werkgewer oor organisatoriese regte in die werksplek. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die basiese eis is dat Lesedi Aluminium die vakbond erken en organisatoriese regte gee […]
# Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hulle is uiters bekommerd oor gevaarlike werksomstandighede by die Gautengse Departement van Onderwys se Registrasiekantoor in Ekurhuleni. Tydens ‘n onlangse inspeksie deur die Departement van Indiensneming en Arbeid en die Vereniging vir Staatsamptenare, is bevind dat die Registrasie-omgewing erg oorvol, vuil en onveilig was, met hope lêers wat rondlê. […]
# Die Vryheidsfront Plus het sy raadslid in Ekurhuleni, Denise Janse van Rensburg, gelukgewens nadat sy die gesogte Liefdadigheidstitel by die Mevrou Statebond Suid-Afrika gewen het. Die kompetisie is ʼn bemagtigingsplatform vir getroude of geskeide vroue of weduwees tussen 20- en 55-jaar oud. Dit fokus op gemeenskapsdiens, persoonlike groei en inspirasie deur maatskaplike en liefdadigheidsprojekte. […]