# Die Nasionale Mynwerkersunie, NUM, sê hy verwerp die geleidelike privatisering en liberalisering van die land se elektrisiteitsnetwerk. President Cyril Ramaphosa het die eerste fase verslag van Eskom se Herstruktureringstaakspan goedgekeur met die regering wat beplan om ‘n onafhanklike kraglynoperateur daar te stel. Die woordvoerder van die unie, Livhuwani Mammburu, sê die oordrag van kraglynbates […]
# Olympics: The president of the South African Sports Confederation, Olympic and Paralympic Committee, Barry Hendricks, has been suspended with immediate effect. This follows allegations of breaches of the organisation’s safeguarding policy and Codes Handbook. SASCOC says the suspension does not constitute a finding of wrongdoing against Hendricks. It emphasises that this decision was taken […]
# Die Motorvervoerwerkersunie van Suid-Afrika veroordeel die voortslepende gewelddadige aanvalle op werkers en voertuie wat kontant vervoer, en die onaanvaarbare risiko’s wat sy lede gevolglik loop in die uitvoering van hul pligte. Twee veiligheidsbeamptes is Maandag doodgeskiet en een is beseer tydens ʼn rooftog in Mamelodi in Tshwane. Twee veiligheidsbeamptes is onlangs ook in Pongola, […]
# Die leier van die MK-party Jacob Zuma eis ‘n ondersoek na bewerings dat behoorlik benoemde kandidate van die partylys verwyder is wat aan die Verkiesingskommissie voorgelê is en met ander name vervang is. Die bewering spruit voort uit die onlangse raadslidverkiesingsproses voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Zandile Hlophe-Mkhwanazi en Sibonelo Maphumulo is onverwyld uit die Nasionale […]
# Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn derde verdagte, ʼn 40-jarige vrou, aangekeer vir die moord op die musikant Warrick “DJ Warras” Stock buite ʼn gekaapte gebou in die Johannesburgse middestad in Desember. ‘n Mosambiekse burger, Armando Pacula, is verlede maand tot 25-jaar tronkstraf gevonnis nadat hy erken het hy het Stock geskiet. Die saak teen […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy bly uiters bekommerd oor strukturele swakhede wat steeds die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, IDAC, se onafhanklikheid ondermyn. Dit volg na onthullings oor IDAC-operasies by die Madlanga-kommissie. Die vakbond-woordvoerder, Claude Naicker, sê die direktoraat rapporteer regstreeks aan die minister van Justisie, en dit wek kommer oor sy onafhanklikheid en ondermyn […]
# Die ANC wil die DA-aansoek om betrokke te raak by sy saak in die Verkiesingshof teenstaan. Dit gaan oor kandidaatlyste vir ses munisipaliteite in die November-verkiesing. Die ANC appelleer teen die Verkiesingskommissie se uitsluiting van kandidate nadat die party die sperdatum op 28 Augustus misgeloop het, maar ʼn “tegniese probleem” met die aanlyn stelsel […]
# Golden Arrow Busdiens het die Arbeidshof se besluit om ‘n interdik toe te staan wat vandag se staking van die National Union for All Sectors voorkom, verwelkom. Die sake wat van die unie geopper het gaan onder andere oor die toepassing van dissiplinêre sake. Die woordvoerder van Golden Arrow, Bronwen Dyke-Beyer, sê as ‘n […]
# A plane carrying Ukrainian president Volodymyr Zelensky was almost hit by a Russian drone entering Moldova’s airspace, which delayed the departure of the aircraft. Zelenskyy travelled to Oslo, Norway, from Moldova on Tuesday evening to attend the funeral of King Harald yesterday. The drone reportedly exploded some 160 kilometres from the Chișinău International Airport […]