# Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram verwelkom die goedkeuring van die derde fase van die Wêreldondersteuningsprogram vir Klimaatsdeursigtigheid. Die program wil ontwikkelende lande se vermoë verbeter sodat hulle die vereistes van die Deursigtigheidsraamwerk ingevolge die Paryse Verdrag kan nakom. Dit sal lande ook ondersteun om vordering teen hulle nasionale klimaatplanne te meet. Die program beskou […]
# Swimming: Three-time Olympic gold medal winner Adam Peaty says he needs to put on a good showing at next year’s Commonwealth Games in Glasgow as he aims to put himself back in the mix for another shot at Olympic glory in 2028. The 30-year-old Englishman took a break from the sport after the Paris […]
# ‘n Plaaslike hofsaak kan voortgaan teen ‘n man wat in Brittanje gesoek word vir 76 gevalle van die onsedelike aanranding van jong seuns. Die Streekhof in Wynberg, Kaapstad, het die gewese onderwyser aan Rondebosch Boys Preparatory, Iain Wares, se aansoek geweier om die aanklagte teen hom terug te trek. Landdros Vanessa Miki het bevind […]
# Die Stad Tshwane gaan veiligheidsoudits doen in brandpunte soos Watloo en Denneboom ná ʼn reeks geslagsgeweld-verwante moorde. Amptenare beplan om beligting en waarneming te verbeter, veral naby spoorwegstasies. ʼn Multidissiplinêre taakspan sal aangestel word om vinniger op sake te reageer en slagoffers te ondersteun. Die Departement van Gemeenskapsdienste en Maatskaplike Ontwikkeling sê Mamelodi en […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy hersien die huidige diensleweringsmodel oor waakeenheid-verpleegkundiges in die vier hospitaal-groeperings. Dis ʼn poging om die 791 poste vir waakeenheid-verpleegkundiges te vul. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê daar word tans jaarliks 160 verpleegkundiges van kliniese fasiliteite opgelei as deel van ʼn vaardigheidsopleidingsprogram vir waakeenhede:
# As deel van Operasie Shanela is 347 verdagtes gister in Mabopane en Loate in Tshwane vir verskeie oortredings in hegtenis geneem. Hul misdade sluit moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting in. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 48 ongedokumenteerde uitlanders word ook aangehou:
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat van Water en Sanitasie het gedurende die 2024/2025 boekjaar 709 nuwe krane en vyf-duisend-873 toilette in informele woongebied geïnstalleer. Dit maak deel uit van die metro se onderneming om toegang tot basiese diense, veral skoon water en veilige sanitasie, te bied. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, […]
# Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het aangekondig die party gaan volgende maand aan die tussenverkiesing van Soweto Stadswyk 130 deelneem. Raadslid Siyabonga Zwane is die party se kandidaat. Mashaba sê inwoners word reeds te lank in die steek gelaat deur ‘n stelsel wat dienslewering belowe, maar nooit iets lewer nie. Hy sê Zwane […]
# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê die streeksronde van die Wêreld-robot-olimpiade het leerders so jonk as nege jaar gelok om hul robotikavaardighede op ʼn mededingende platform te bewys. Die kompetisie is ʼn geleentheid waar laerskoolleerders hul kodering- en robotikavaardighede kan vestig en progressief ontwikkel. Die voorsitter van die Wes-Kaapse olimpiade, Cedric Esterhuizen, sê dit […]