# Ontvolkte dorpe in Duitsland se voorheen kommunistiese Ooste het ʼn ongewone manier bedink om weer lewe te kry. Hulle bied weke lank baie goedkoop verblyf aan mense om moontlike inwoners ʼn voorsmaak van die plek te gee. Die “proeftydperk”-projek wil halfverlate gemeenskappe nuwe lewe gee met die 35ste herdenking van Duitsland se eenwording op […]
# President Donald Trump wat Xi Jinping onlangs beskuldig het dat hy teen Amerika saamsweer, hoop om vandag die lot van die video-toepassing TikTok te finaliseer en vordering te maak met handelsgesprekke wanneer hy die Chinese leier bel. Die oproep sal die tweede een wees sedert Trump in Januarie na die Withuis teruggekeer het. Xi […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het president Cyril Ramaphosa se besluit om die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek by die Departement van Water en Sanitasie uit te brei, verwelkom. Die ondersoek na bewerings van ernstige wanbestuur in die departement sal nou die Drop the Block-projek en sy implementeringsagent, Lepelle Northern Water in Limpopo insluit. Claude Naicker van […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die jongste verslag van die Departement van Verdediging en Militêre Veterane oor 20-miljoen-rand se reiskoste, gekritiseer. In ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in die parlement, het minister Angie Motshekga ‘n ontleding gegee van hoe sy, haar twee adjunkte en ondersteuningspersoneel belastingbetalers se geld bestee het om 22 internasionale […]
# FNB sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op sewe-persent te hou, is ʼn teken van ʼn opkomende verbeterde ekonomie. Die prima-uitleenkoers waarteen handelsbanke geld aan klante leen, is ook onveranderd op 10,5-persent. Ester Ochse van FNB sê deur rentekoerse bestendig te hou, word sekerheid gebied in ʼn […]
# Die Stad Tshwane sê hy is verbind tot verdere beraadslaging met grondeienaars om ʼn blywende oplossing te vind om stukke grond in die metro te formaliseer. Die metro het 17 informele townships en meer as 500 informele nedersettings geïdentifiseer op privaat, munisipale of nasionale staatsgrond wat weens die eienaarskap nie geformaliseer kan word nie. […]
# Rugby: South Africa’s Aimee Barrett-Theron will take charge of the first Women’s Rugby World Cup semifinal between defending champions New Zealand and Canada at Ashton Gate Stadium in Bristol, England, tonight. This will be the 49th Test in the middle for Barrett-Theron and a record 12th Women’s World Cup match as a referee. New Zealand’s […]
# Die Universiteit van Suid-Afrika bied vandag die sesde veeltalige Spelling Bee-kompetisie in Pretoria aan. Die unieke kompetisie daag leerders van Grade 8-tot-11 uit om woorde in verskillende tale te spel om die ryk taal-tapisserie van die land te wys. Dit bestaan uit vier rondes wat ontwerp is om die deelnemers se taalvaardigheid elke keer […]
# Die DA in die Wes-Kaap het die provinsie se HealthNet Beplande Pasiëntevervoer-stelsel geloof wat gratis, betroubare en veilige vervoer na gesondheidafsprake vir kwesbare pasiënte bied. Die operasionele begroting van HealthNET sluit in personeelkoste van 55-miljoen-rand, oortydkoste van 2,5-miljoen-rand en voertuigonkoste van 51-miljoen-rand. Memory Booysen van die DA sê HealthNet bereik tans alle gebiede in die […]