# Limpopo se Departement van Vervoer sê hy is gereed om die toename in padverkeer te hanteer wanneer duisende reisigers na verwagting die naweek op die provinsie toesak vir godsdiens-byeenkomste. Wetstoepassers is reeds op strategiese punte langs hoofroetes en op brandpunte ontplooi. Dit sluit die N1, R101 en die D19 in. Die departement se woordvoerder, […]
# Die Franse president Emmanuel Macron sê 26 lande het beloof om sekuriteitswaarborge aan Oekraïne te verskaf in geval van ʼn skietstilstand. Dit sluit die ontplooiing van soldate op land, see en lug in. Talle Europese lande soos Duitsland, Spanje en Italië het egter tot dusver geweier om hulle tot die verskaffing van soldate te […]
# Krieket: Suid-Afrika het Engeland met vyf lopies geklop in die tweede eendagwedstryd op Lord’s en is met ʼn 2-0-voorsprong onoorwonne in die reeks van drie wedstryde. Die speler van die wedstryd, Matthew Breetzke, het 85 van 77 behaal en bygedra tot die Proteas se telling van 330 vir agt. Breetzke is die eerste speler […]
# Ekurhuleni mayor Nkosindiphile Xhakaza says the metro is making progress in strengthening its financial position, having addressed a 2.1-billion-rand revenue shortfall. The metro’s current bank balance stands at nearly 1.2-billion-rand. Ekurhuleni’s investment balance is now at 672-million-rand, up from 245-million-rand. Meanwhile, Xhakaza says an internal disciplinary process against officials implicated in the metro’s missing […]
# Die Chinese president, Xi Jinping, sê sy land is onstuitbaar en sal hom nie deur boelies laat intimideer nie. Hy het vandag ‘n militêre parade op Tiananmen-plein inspekteer op die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Die Russiese president, Vladimir Putin, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het dit bygewoon. […]
# Die polisie sê die Madlanga-kommissie gaan slegs afskrifte kry van die 121 dossiere wat die middelpunt is van bewerings oor polisiekorrupsie. Die oorspronklike dossiere sal by die KwaZulu-Natalse taakspan oor politieke moorde bly. Die kommissie se opdrag is om misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die strafregstelsel te ondersoek. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, […]
# Tennis: Die 38-jarige Novak Djokovic het ‘n langverwagte halfeindstryd teen Carlos Alcaraz bespreek op die Amerikaanse Ope. Die Serwiër het die Amerikaner Taylor Fritz in vyf stelle verslaan in sy aanslag op die rekord van 25 Grand Slam-enkelspeltitels. Die Spanjaard het die Tsjeg Jiri Lehecka in skoon stelle geklop. In die vroue-afdeling het die […]
# Die Global Alliance for Sustainable Coal maan meer as 700 globale rolspelers in finansiering, belegging en regerings om steenkool regverdig en gelyk te befonds. Die wêreldwye aanvraag het in 2024 ʼn nuwe hoogtepunt van sowat 8,8-miljard ton bereik wat 1,5-persent hoër is as in 2023. FutureCoal se voorsitter, Mike Teke, sê al speel steenkool […]
# Chloe Malle sal die hoofredakteur Anna Wintour as nuwe top redakteur van American Vogue opvolg. Die 39-jarige is tans hoof van die digitale redaksie van Vogue. Sy is die dogter van die aktrise Candice Bergen en die regisseur Louis Malle. Wintour het in Junie na amper vier dekades as die tydskrif se hoofredakteur, haar […]