# President Cyril Ramaphosa sê die regering het deur Operasie Vulindlela aansienlike vordering gemaak om die weg te baan vir vinniger, insluitende en volhoubare groei en werkskepping. Operasie Vulindlela is ʼn regeringsinisiatief om vordering in ekonomiese hervorming te versnel. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief vordering is gemaak in plaaslike regering, energievoorsiening, spoorweë en […]
# Een van die Griekse eilande, Páros, is op die Travel and Leisure-toekennings as die wêreld se beste eiland aangewys. Die eiland het tydens die Cycladiese beskawing beroemd geword vir sy Pariese marmer wat in meesterstukke soos Venus de Milo en Nike of Samothrace gebruik is. Travel and Leisure se lesers sê Páros se geskiedkundige argitektuur, naglewe en […]
# Die nuwe Superman-fliek was vir die tweede agtereenvolgende naweek die Noord-Amerikaanse lokettreffer. David Corenswet vertolk die rol van Superman en Rachel Brosnahan is Lois Lane. Universal se Jurassic World Rebirth is steeds in die tweede plek, met Sony se I Know What You Did Last Summer in sy eerste naweek op nommer drie. Nog […]
# African Congress for Transformation se leier, Ace Magashule, het die ANC se opsystaanreël gekritiseer. Hy sê die party moes die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gevra het om opsy te staan uit sy rolle in die ANC en die Parlement. Die minister is op spesiale verlof geplaas nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, hom […]
# Tennis: Kanada het die gasheerland, Italië, in Bari met 2-1 verslaan om die Hopman-beker die eerste keer ooit te wen. Bianca Andreescu het Kanada ʼn voorsprong gegee toe sy Lucia Bronzetti geklop het. Die gashere het teruggeveg en Flavio Cobolli wat Wimbledon se kwarteindronde gehaal het, het Félix Auger-Aliassime in drie stelle verslaan. In die […]
# Die Stad Kaapstad sê Opera In Jou Buurt neem die ervaring van opera uit die tradisionele teaterruimte en maak dit vir gehore toeganklik n hulle eie omgewing. Die metro se Departement vir Gemeenskap, Kuns en Kultuur en die Kaapstadse Operakoor het die afgelope twee maande vier konserte gehou. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, […]
# Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, het ‘n ondersoek van stapel gestuur na wat hy beskryf as Brasilië se onbillike handelspraktyke. Dit volg ‘n week na president Donald Trump gedreig het met ‘n tarief van 50-persent op invoere van Latyns-Amerika se grootste ekonomie. Die ondersoek sal fokus op digitale handel en elektroniese betalingsdienste, voorkeurtariewe en […]
# Rugby: Die Franse kaptein, Antoine Dupont, sê hy sal ná sy land se toetse in November weer in aksie wees. Die 28-jarige skrumskakel het ‘n ernstige knie-besering opgedoen in die Sesnasies-toets teen Ierland op 8 Maart. Dit beteken hy sal die toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Australië misloop. Dupont sê hy wil nie oorhaastig […]
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Ierland en Leinster se vaskopstut, Tom Clarkson, as ekstra voorspeler opgeroep vir Saterdag se eerste toets teen Australië. Die 25-jarige speler se teenwoordigheid verhoog die Ierse deel van die toergroep tot 18. Clarkson se Ierse spanmaat, die veelsydige agterspeler Jamie Osborne, het reeds in Brisbane by die […]