# Die Nasionale Tesourie vra vir voorstelle vir innoverende en koste-effektiewe maniere om Suid-Afrika se buitelandse valutaleningsprogram vir die huidige boekjaar aan te vul. Die stap is daarop gemik om befondsingsbronne uit te brei buite die tradisionele Euro-obligasies en leningskoste te verminder. Die Tesourie soek insette van primêre handelaars, banke, multilaterale instellings en beleggers. Die […]
# Eskom sê sy kragnetwerk is steeds bestendig. Die kragvoorsiener het geen beurtkrag sedert 15 Mei ingestel nie en slegs 26 uur van April tot Julie. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê die huidige onbeplande onderbrekings staan op elf-duisend-695-megawatt, met beskikbare vermoë van 30-duisend-236-megawatt. Mokoena sê Eskom beplan om volgende week drie-duisend-960-megawatt te herstel. Sy bevestig dieselverbruik […]
# ‘n Vrou van Limpopo het in die Seshego-landdroshof verskyn in verband met die moord op haar tweejarige dogter in Ga-Mashashane. ‘n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die kind is Donderdag bewusteloos op ‘n bed gevind en paramedici het haar op die toneel dood verklaar. Die oorsaak is onbekend. Die saak is tot 1 Augustus uitgestel […]
# Suid-Afrika het ‘n lening van 8,4-miljard-rand van die Afrika-ontwikkelingsbank ontvang om billike energie-oordrag te ondersteun. Die Nasionale Tesourie sê die 15-jaar-ooreenkoms met ‘n driejaar-grasietydperk sal infrastruktuur-volhoubaarheid, energie-doeltreffendheid en ontkoling bevorder. Die befondsing vorm deel van die derde Ontwikkelingsbeleidsoperasie, met die ondersteuning van internasionale vennote soos die Wêreldbank en KFW-ontwikkelingsbank. Die Tesourie sê dis ‘n […]
# Golf: South Africa’s Ernie Els is in joint fourth place after the 2nd round of the ISPS Handa Senior Open in the UK – two shots behind the leader Padraig Harrington from Ireland. Els carded a three under 67 with Englishman Cameron Percy on five under 65, and Ricardo Gonzalez of Argentina on 67, […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die uitlek van ‘n beëdigde verklaring deur ‘n staatsgetuie in die saak teen die omstrede Malawiese pastoor, Shepherd Bushiri veroordeel. Lumka Mahanjana van die NVG sê die verklaring, wat deel is van die saakdossier wat met die verdediging gedeel is, kan die staat se saak ondermyn en die getuie, wie […]
# Ekonomiese ontleders sê die skikking van 6,3-miljard-rand in die Steinhoff-skandaal is ‘n belangrike stap om dit af te handel. Die Reserwebank het sy sewe jaar lange ondersoek afgesluit en die ooreenkoms met die opvolger Ibex Group as geregverdig bestempel. Die fondse gaan na die staat, met die opheffing van batebeperkings wat Ibex se afhandeling […]
# Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu and U.S. President Donald Trump appeared on Friday to abandon Gaza ceasefire negotiations with Hamas. Both said it had become clear that the Palestinian militants did not want a deal. Reuters reports Netanyahu said Israel was now mulling “alternative” options to achieve its goals of bringing its hostages home […]
# Lindiwe Zulu van die ANC het die voorgestelde Amerikaanse sanksiewetsontwerp teen ANC-leiers as ongelukkig beskryf. Dit volg nadat die Amerikaanse Buitelandse Sakekomitee die Wet op die Hersiening van Bilaterale Betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika met 34 stemme teen 16 aanvaar het. In ‘n onderhoud met SABC News het Zulu gevra vir dialoog en […]