# Die president van die Inkatha-Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, verwelkom wat hy beskryf as oor die algemeen vreedsame optrede van politieke partye tydens plaaslikeregeringsverkiesingsveldtogte regoor die land. Hlabisa het ‘n veldtog gevoer in Esikhawini, naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal. Hy sê vreedsame veldtogvoering is belangrik terwyl politieke partye met kiesers in gesprek tree en Suid-Afrikaners aanmoedig om […]
# Rugby: The Springbok Women have gone down 40-27 to Ireland in the first of two W15 Global Series Tests at the Athlone Stadium in Cape Town yesterday. South Africa trailed 21-17 at half-time after an entertaining first half in which both teams scored three tries. Aseza Hele, Vainah Ubisi, Maria Tshiremba, Lerato Makua and […]
# Rugby: Die Bulle het die Ierse span Ulster in die vierde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld in Pretoria met 34-26 geklop. Die tuisspan het ná die eerste helfte met 21-7 voorgeloop, met kaptein Marcell Coetzee se twee drieë en agsteman Elrigh Louw wat nog ‘n drie bygevoeg het. Ulster het in […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers sê aansienlike vordering word gemaak met die padverbeteringsprojek van 1,165-miljard-rand en herstelwerk weens vloedskade langs die Franschhoekpas. Die projek behels padopgraderings, die herseël van padoppervlakke en omvattende herstelwerk ná ernstige oorstromings. Die werk sal na verwagting in Julie 2027 voltooi wees, mits padboutoestande gunstig is. Volgens Simmers […]
# Western Cape Infrastructure MEC Tertuis Simmers says significant progress is being made on the 1.165-billion-rand road improvement project and flood-damage repairs along Franschhoek Pass. The project includes road upgrades, resurfacing and extensive repairs following severe flooding, with completion scheduled for July 2027, subject to favourable construction conditions. Simmers says Franschhoek Pass is expected to […]
# Die EFF-president Julius Malema vra vir gratis water en elektrisiteit vir ontvangers van maatskaplike toelaes. Tydens die party se ‘Tshela Thupa‘-veldtog vir die plaaslikeregeringverkiesing op die KaMaqhekeza-stadion in Nkomazi, Mpumalanga, het Malema gesê kwesbare huishoudings behoort toegang tot basiese dienste te hê, sonder die bykomende las van onbekostigbare nutsdienste. Die voorstel kom te midde […]
# Rugby: Die Stormers het gisteraand die Scarlets in Kaapstad met 52-40 in ‘n opwindende kragmeting in die vierde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap geklop. Die tuisspan was teen rustyd met 33-14 voor, maar die Walliese besoekers het teruggeveg om die telling met 15 minute voor die einde met 40-elk gelykop te maak. Die plaasvervanger-skrumskakel […]
# Die Stad Tshwane het die waarskuwing opgehef om die water van die Findlay-reservoir vir die Pretoria-middestad en omliggende gebiede te kook. Die burgemeester Nasiphi Moya het die besluit bevestig nadat monitering van watergehalte en laboratoriumtoetse geen opspoorbare E. coli of koliform-bakterieë in die jongste monsters van die reservoir gevind is nie:
# Honderdduisende betogers het gister in Frankryk opgeruk, in meestal vreedsame saamtrekke wat ontaard het in botsings in Parys en Marseille ná donker. Franse wetstoepassingsagentskappe het meer as 70-duisend polisiebeamptes regoor die land ontplooi om ‘n herhaling van verlede week se geweld te voorkom. Die ministerie van Binnelandse Sake het gesê meer as 400-duisend mense […]