# Die Stad Kaapstad rapporteer ‘n skerp toename in klagtes oor die onwettige verkoop en afvuur van vuurwerke in die aanloop tot die feestyd. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het gedurende die eerste drie weke van September drie klagtes ontvang oor die onwettige verkoop van vuurwerke, en ses oor die afvuur daarvan. Die lid van die burgemeesterskomitee […]
# Die EFF eis die onmiddellike arrestasie van die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya. Hy beskuldig haar dat sy versuim het om op te tree na aanleiding van waarskuwings dat water van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg onveilig was. Honderde mense het siek geword, insluitend talle kinders van vier jaar en jonger. Die party sê die Departement van […]
# Die Stad Kaapstad sê hy het 85-persent van die geverifieerde uitstaande pad- en sypaadjieprojekte, wat verband hou met herstelwerk aan water- en sanitasie-infrastruktuur, uit die 2025/26-boekjaar afgehandel. Teen 15 Oktober moes daar nog twee-duisend-335 aangetekende gevalle herstel word. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê daar word ook vordering […]
# Die polisie doen ‘n beroep op gemeenskapslede om versigtig te wees wanneer hulle hul spaargeld onttrek, vervoer en versprei, veral met die feestyd wat nader kom. Die polisiewoordvoerder Nomthandazo Mnisi sê die toename in kontantonttrekkings en die vervoer van groot bedrae geld gedurende hierdie tydperk skep geleenthede vir misdadigers om niksvermoedende lede van die […]
# MK Party-president Jacob Zuma sê plaaslike regering moet ‘n beslissende rol speel in die aftakeling van ekonomiese uitsluiting en die uitbreiding van ekonomiese geleenthede vir histories benadeelde gemeenskappe. Hy het met die oog op die naderende plaaslikeregeringsverkiesings gesê die party se verkiesingsmanifes stel ‘n ambisieuse teiken om oor die volgende vyf jaar 400-duisend geverifieerde […]
# Die DA het die SABC 43 uur gegee om skriftelik sy verbintenis tot regverdige en billike televisiedekking van die groot politieke partye se afsluitingdverkiesingsveldtog-byeenkomste te bevestig. Die party se eis volg na oënskynlike teenstrydige boodskappe van senior SABC-bestuurders oor die regstreekse uitsending van die byeenkomste. Volgens die DA het een uitvoerende beampte gesê geen […]
# Motorsport: Kimi Antonelli has secured a surprise pole position for the F1 United States Grand Prix in Texas, putting himself in prime position to clinch the world championship this weekend. The 20-year-old Mercedes driver edged out Red Bull’s Max Verstappen by 0.179-seconds. Verstappen’s teammate, Isack Hadjar, claimed an impressive third place. Ferrari’s Charles Leclerc […]
# Rugby: Die Springbokvroue het gister met 40-27 teen Ierland verloor in die eerste van twee W15-wêreldreekstoetse op die Athlone-stadion in Kaapstad . Suid-Afrika was teen rustyd met 21-17 agter, ná ‘n opwindende eerste helfte waarin albei spanne drie drieë gedruk het. Aseza Hele, Vainah Ubisi, Maria Tshiremba, Lerato Makua en Alichia Arries het vir […]
# ‘n Vyfjarige Belgiese Malinois genaamd Sky, wat brandstigtings-opsporingswerk in die Suid-Afrikaanse Polisiediens verrig het, se nagedagtenis sal voortleef in ’n gedenkteken in Pretoria. Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê ’n granietgedenkteken ter ere aan Sky is voltooi en sal by die Gedenktekens vir Diere in Oorlog by die […]