# ’n Voormalige televisie-nuusaanbieder is verkies as koning van die Tooro-koninkryk in Uganda, ná ’n opvolgergeskil na die dood van koning Oyo. Die 56-jarige koning Edward is deur ’n komitee van 21 lede van die koninklike Babiito-stam verkies. Oyo se moeder was egter teen die besluit gekant en beweer hy het ‘n onbekende seun wat […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die ekonomie se afname in die tweede kwartaal was grootliks te wyte aan swakker produksie. Die mynbou-, vervaardigings- en handelsektore het die swaarste deurgeloop onder hoër koste, swakker vraag en logistieke beperkings. Die mynbousektor het met drie persent gekrimp, met ‘n afname in produksie in sewe van die 12 mineraalgroepe, […]
# ‘n Onafhanklike navorsingsinstituut sonder winsbejag, Africa Asia Dialogues, waarsku oor die gebrek aan ‘n gevoel van dringendheid by Suid-Afrikaanse leiers om aandag te gee aan massaskietvoorvalle. Dit volg nadat 28 mense die naweek in Gauteng en die Wes-Kaap doodgeskiet is. Agtien mense is dood by ‘n taverne in Carletonville en tien in Lwandle. ‘n […]
# Die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap, Sakhela Buhlungu, het bedank, maar die universiteit se raad sê hy kan nie onmiddellik uittree nie. Buhlungu het gister bedank net voordat hy sy verdediging sou voorlê in ‘n dissiplinêre verhoor waar hy teregstaan op aanklagte van growwe wangedrag, verset teen gesag en […]
# ArcelorMittal South Africa is in talks with the Industrial Development Corporation over a three-billion-rand deal that could secure the future of the country’s steel industry. The IDC has offered to acquire an 80-percent stake in the struggling steelmaker, but negotiations are being held up by disagreements over its black economic empowerment structure. The IDC […]
# Professor Sue Harrison, ‘n emeritus-professor van die Universiteit van Kaapstad, is verkies tot Internasionale Genoot van die Royal Academy of Engineering ter erkenning van haar bydrae tot ingenieursnavorsing, innovasie en kapasiteitsontwikkeling. Harrison, tans adjunk-visekanselier vir Navorsing en Innovasie aan die Universiteit van Queensland in Australië, was 30 jaar lank werksaam by Universiteit van Kaapstad, […]
# ArcelorMittal Suid-Afrika is in gesprek met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie oor ‘n ooreenkoms van drie-miljard-rand om die toekoms van die land se staalbedryf te verseker. Die korporasie het aangebied om ‘n belang van 80-persent in die sukkelende staalvervaardiger te verkry, maar onderhandelings word vertraag deur meningsverskille oor die maatskappy se struktuur vir swart ekonomiese bemagtiging. Die […]
# Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê ekonomiese groei en die skep van werksgeleenthede was die hooffokus van sy onlangse besoek aan die VSA. Hy het samesprekings met Amerikaanse regerings- en sakeleiers gevoer om bande op die gebied van handel, belegging en toerisme te versterk. Die premier het ook die provinsie se planne […]
# Die Wes-Kaapse regering bied befondsde opleiding en vakleerlingskappe aan vir werklose jongmense in al ses streke van die provinsie. Die programme sluit loodgieters en elektriese werk in, asook opleiding in konstruksie, gesondheid en veiligheid, opmeting en bouwerk. Dirk Wessels van die DA sê aansoekers tussen die ouderdomme van 18 en 30 wat kwalifiseer kan […]