# Rugby: Die Bulle word geknel deur beserings, maar die afrigter Johan Ackermann kon steeds ses Springbokke insluit in sy opdrafspan vir vandag se Verenigde Rugbykampioenskap wedstryd teen die Ospreys op Loftus. Dit is die eerste toets vir Ackermann se afrigtingstelsel sedert hy tweede maande gelede die span oorgeneem het. Onder die mees noemenswaardige insluitings, […]
# Die eerste minister van Brittanje, Keir Starmer, het aan ‘n wêreldkonferensie van sentristies-linkse leiers gesê hulle moet onbeheerde migrasie aanpak en die “leuens” wat ver-regse politici oor hulle lande verkondig, konfronteer. By die vergadering in Londen was ook die Australiese eerste minister Anthony Albanese en die Kanadese premier Mark Carney. Dit het plaasgevind te […]
# Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi en hulpafrigter Mzwandile Stick beskryf hulle voorlaaste Rugbykampioenskapwedstryd teen die Pumas vanmiddag in Durban as ‘n “halfeindstryd.” Hulle sê hulle behandel die besoekers met die “respek” wat hulle verdien op die vooraand van hierdie belangrike kragmeting. Met die Wallabies, Bokke, All Blacks en Argentinië wat almal nog die kompetisie kan […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê ‘n nuwe gevangenis vir korrupte amptenare en politici is voltooi en sal ná die 2026 plaaslike regeringsverkiesing in gebruik geneem word. Hy het munisipaliteite soos Ekurhuleni, Johannesburg en Nelson Mandelabaai uitgesonder as voorbeelde van waar korrupsie geseëvier het. Macpherson beklemtoon die fasiliteit is ‘n […]
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het aan die VN se Algemene Vergadering gesê sy land het die grootste deel van die gewapende Palestynse groep Hamas se “terreurmasjien verpletter” en probeer om die werk “so vinnig as moontlik” af te handel. Netanyahu vier, wat hy ‘n reeks strategiese oorwinnings in die afgelope jaar noem. […]
# Die uitvoerende sekretaris van die Interregeringsowerheid oor Ontwikkeling, Workneh Gebeyehu, het die dringende behoefte aan Afrika-gebaseerde innovering beklemtoon, tydens ‘n Wetenskapdiplomasie-geleentheid by die VN se Algemene Vergadering. Gebeyehu het daarop gewys dat Afrika byna ‘n kwart van die wêreld se siektelas dra, maar minder as vyf-persent van sy gesondheidsprodukte vervaardig. Hy het gewaarsku dat […]
# ‘n Nuwe ope brief wat deur meer as ‘n duisend akteurs onderteken is, veroordeel “anti-Semitiese” oproepe om sekere Israelse filminstellings oor die oorlog in Gaza te boikot, wat die groeiende spanning in die vermaakliheidswêreld onderstreep. Die brief beskuldig die meer as agt-duisend mense wat die boikot ondersteun, insluitende sterre Emma Stone en Joaquin Phoenix, […]
# EU-lande het begin met gesprekke rondom voorstelle om ‘n “muur” van anti-hommeltuig-verdediging te bou, nadat luginvalle vanuit Rusland oostelike lede ontsenu het. Daar was die afgelope dae verskerpte fokus op die bedreiging vir Europa se lugruim met lughawens in Denemarke wat moes sluit oor ongeïdentifiseerde hommeltuie. Die president van die EU, Ursula von der […]
# Die Slowaakse parlement het ‘n grondwetlike wysinging met 90 stemme teen sewe goedgekeur om die regte van selfde-geslagpaartjies te beperk en om die reëls rondom geslagsverandering te verskerp. Die wysiging bepaal ook nasionale wetgewing voorkeur kry bo die wette van die Europese Unie. Sedert sy terugkeer na bewind in 2023, is die nasionalistiese eerste […]