# Die Wes-Kaapse LUR van Vervoer, Isaac Sileku, waarsku padgebruikers, voetgangers en operateurs van openbare vervoer om uiters versigtig te wees in die verwagte stormweer. Hy sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku ‘n reeks kouefronte sal die provinsie van vandag tot Sondag tref. Sileku sê daar is elke jaar in die winter dieselfde uitdagings met verspoelde […]
# Afghanistan se regering sê Rusland is die eerste land wat sy regering amptelik erken en noem dit ʼn “dapper besluit”. Die Taliban het in 2021 aan bewind gekom nadat hulle die buiteland-gesteunde regering omvergewerp en ʼn streng weergawe van Islamitiese wette ingestel het. Hulle het amptelike internasionale erkenning en belegging gesoek terwyl die land […]
# Die DA se federale voorsitter, Ivan Meyer, sê ná ʼn jaar in die regering van nasionale eenheid staan die DA op teen die ANC in belang van ʼn beter Suid-Afrika. Meyer sê egter elke keer as die DA dit doen, pamperlang die ANC kleiner partye binne en buite die RNE om tot hul redding […]
# Die Stad Tshwane het 713 eiendomme na die stad se Departement van Finanasies verwys vir bestraffende tariewe en belasting. Die stad se Bou-omgewing en Afdwingings-afdeling het onwettige grondgebruik by die eiendomme identifiseer en die eienaars het dit nie reggestel nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Stadsbeplanning, Sarah Mabotsa, sê die eiendomme het ‘n […]
# Eon de Vos is as die nuwe feesdirekteur aangestel van die jaarlikse winterkunstefees Hermanus FynArts. De Vos is tans stasiehoof van Fine Music Radio en sedert die jare tagtig ‘n bekende in televisie- en radiokringe. Hy neem in Oktober vanjaar as feesdirekteur oor by Mary Faure, wat die fees in 2013 begin het.
# Tennis: Carlos Alcaraz will step up his bid for a third successive Wimbledon title when he faces German underdog Jan-Lennard Struff later today. And Britain’s Emma Raducanu will be aiming to add world number 1 Aryna Sabalenka to the growing list of eliminated favourites. Alcaraz knows he must fine-tune his serve to keep his […]
# Die Do More-stigting het hulle Mandeladag-veldtog bekend gestel en vra Suid-Afrikaners om te help om klimaatsweerstandige vroeë onderwys-ontwikkelingsentrums in arm gemeenskappe op te rig. Jessica Ronaasen van die stigting sê vanjaar se veldtog gaan oor die idee dat ʼn beter klimaat-toekoms begin by kinders wat speel. Sy sê met klimaatsverandering wat toeneem, is jong kinders […]
# Die Johannesburg Erfenisstigting het die kulturele, argitektoniese en akademiese belang van die nuutherstelde Universiteit van die Witwatersrand se Anglo American Digitale Koepel gehuldig met die onthulling van ‘n geskiedkundige Blou Gedenkplaat. Hiermee word erkenning gegee aan 60 jaar van die Wits Planetarium se bydrae tot opvoeding, wetenskap en gemeenskapslewe. Die universiteit sê die derde […]
# Cosatu het die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, se aankondiging verwelkom dat sy die wetsontwerpe oor die Padongelukkefonds en Padongelukke-voordeleskema weer by die Parlement gaan indien. Die vakverbond sê hy ondersteun hierdie progressiewe stap deur die minister en sien uit na die voorlegging. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die Padongelukkefonds is ʼn probleem wat al te […]