# Die Johannesburg Krisisalliansie sê die Stad Johannesburg het steeds geen inligting verskaf oor Eskom se dreigende onderbreking van elektrisiteitstoevoer na die metro nie. Die metro en City Power skuld Eskom tans ‘n agterstallige skuld van 5,25-miljard-rand. Na onderhandelinge tussen die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, Eskom en City Power, is geen ooreenkoms […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sal vandag sy eweknie van Rwanda, Olivier JP Nduhungirehe, in Pretoria ontvang. Dit vorm deel van pogings om bilaterale betrekkinge tussen die twee lande te versterk. Volgens die Verenigde Nasies se COMTRADE-databasis oor internasionale handel handhaaf Suid-Afrika ‘n beduidende handelsoorskot met Rwanda, wat jaarliks sowat […]
# Rugby: Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, sê die Barbarians se unieke identiteit en oorvloed van wêreldklas-talent maak van hulle ‘n bedreiging wat enige internasionale span kan laat struikel. Die Bokke sal Saterdag in Gqeberha teen die Barbarians uitdraf, wat die All Blacks-legende, TJ Perenara, en die Suid-Afrikaans gebore Skotse vleuel, Duhan van der Merwe, insluit. Davids […]
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê hulle is oop vir die vorming van gesamentlike regering en koalisies op plaaslike regeringsvlak, maar hulle het drie ononderhandelbare voorwaardes. Met die oog op die plaaslikeregeringsverkiesings in November het die party met kleiner partye saamgesmelt, om sy swak vertoning in die 2024-verkiesing om te swaai, waar hy […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê die regering en die samelewing as geheel moet jeugontwikkeling sentraal stel in nasionale transformasie. Dit vereis uitgebreide openbare beleggings in onderwys en opleiding, industriële ontwikkeling, gemeenskapsondernemings, koöperasies, landbou, die digitale ekonomie en openbare werkprogramme. Die SAKP sê Suid-Afrika het ‘n jeug nodig wat bewus, gedissiplineerd, vaardig, deernisvol en gewortel […]
# Kopanong Africa Against Xenophobia waarsku dreigemente en vrees sal nie die immigrasiekrisis oplos nie. Dit word volgens hulle gedryf word deur dieper politieke en ekonomiese toestande in die streek. Dit volg te midde van ‘n toename in teen-migrante-betogings en xenofobiese geweld, wat daartoe gelei het dat lande soos Malawi, Nigerië en Ghana hul burgers […]
# Gholf: Die verdedigende kampioen, JJ Spaun, probeer om sy voorbereiding te herhaal wat hom verlede jaar die Amerikaanse Ope-titel op Oakmont besorg het. Die 35-jarige Amerikaner kan hierdie week die agtste speler word om agtereenvolgende titels te wen, ‘n groep wat Brooks Koepka, Ben Hogan, Curtis Strange en Willie Anderson insluit. Spaun, wat in […]
# Sokker: Die tweemalige kampioene Spanje is deur die nuwelinge Cabo Verde in hul Wêreldbeker-openingswedstryd in Atlanta beperk tot ‘n doellose gelykopuitslag. Iran het twee keer van agteraf teruggeveg om ‘n 2-elk gelykopuitslag teen Nieu-Seeland in Los Angeles te behaal. ‘n Doel in die tweede helfte het Egipte ‘n eerste Wêreldbeker-oorwinning ontsê, terwyl België ‘n […]
# Die oorskot van ‘n man van KwaZulu-Natal, wat na bewering met werksbeloftes na Rusland gelok is, is na Suid-Afrika teruggebring. Sihle Makhaye was onder ‘n groep Suid-Afrikaners wat in Julie verlede jaar vir sekuriteitswerk gewerf is, maar in plaas daarvan gevra is om ‘n jaarkontrak te teken om aan die frontlinie van die Russies/Oekraïnse […]