# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê hulle besef hulle sal môre die volle 80-minute op hulle beste moet wees in die Rugbykampioenskapswedstryd teen die All Blacks in Wellington. Daar is heelwat op die spel vir Suid-Afrika. As hulle wen, behou hulle die Vryheidsbeker wat hulle verlede jaar die eerste keer sedert 2009 gewen het. […]
# Die organisasie Lawyers for Human Rights verwelkom die Konstitusionele Hof se baanbreker-uitspraak, wat bevestig dat artikel 26 van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes ongrondwetlik en onbillik diskriminerend is op grond van geslag. Die organisasie se prokureur, Mametlwe Sebei, sê hierdie uitspraak bevestig dat die reg om ‘n mens se van […]
# Johannesburg en Tshwane is medevoorsitters van die 2025 Urban 20-burgemeestersberaad in Johannesburg, ‘n globale diplomatieke projek wat stedelike prioriteite binne die G20-agenda versterk. Die beraad is byeengeroep deur C40 Cities, en United Cities and Local Governments. Die medevoorsittersrol plaas Afrika-stede aan die voorpunt van globale stedelike bestuur en volhoubare transformasie. Die beraad sal fokus […]
# Die regering van die Wes-Kaap het die agterstand in titelaktes met bykans helfte verminder. Die totaal wat in 2016/17 op 73-duisend gestaan het, is in 2024/25 na 34-duisend verminder. Die Departement van Infrastrutuur het in 2024/25 ses-duisend-515 aktes afgehandel, wat meer as dubbel die teiken is. Dirk Wessels van die DA beklemtoon inisiatiewe soos […]
# Die Departement van Vervoer het bevestig dat hy vandag wette in die Staatskoerant sal publiseer vir die regulering van e-taxi-dienste. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die Wysigingswet op Nasionale Padverkeer stel amptelike e-taxi-lisensies, voertuighandelsmerke, misdaadkontroles en verpligte paniekknoppies in. Bestuurders moet ook toepaslike bestuurspermitte hê. Oortredings kan lei tot boetes van tot […]
# Die VN se Veiligheidsraad het aangekondig dat hy vandag ‘n noodvergadering hou om oortredings van die lugvaartwette in Pole te bespreek, ‘n dag nadat Warskou Moskou daarvan beskuldig het dat hy ‘n hommeltuigaanval in sy grondgebied uitgevoer het. Pole sê die voorval was nie toevallig nie. Moskou ontken hy het die land geteiken en […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika moet minder afhanklik wees van buitelandse hulp en sy eie kapasiteit inspan om noodsaaklike programme te befonds. Mashatile het in die Nasionale Raad van Provinsies gewaarsku besnoeiings in Amerikaanse befondsing vir MIV- en VIGS-inisiatiewe beklemtoon die gevare rondom oormatige afhanklikheid van buitelandse steun. Hy sê die regering het reeds […]
# Rugby: Die groter Stormers-groep begin hulle voorseisoen-kamp vandag met ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Haaie in George. Die span kom ses-uur vanaand op Outenikwa-park teen die Durbaniete te staan. Die groep van 28 sal die grootste deel van die week in die Suid-Kaap deurbring voor die fokus verskuif na hulle eerste Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met […]
# Die Stad Kaapstad doen ‘n beroep op inwoners van Khayelitsha en Philippi om kommentaar te lewer oor die voorgestelde uitbreiding van die MyCiTi-bushaltes. Inwoners kan tot 29 September hul terugvoer gee, met tydelike haltes wat gebruik sal word tot die permanente infrastruktuur gereed is. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die stad […]