# Die MK-party het aangekondig oudpresident Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, en die nasionale woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, is met onmiddellike ingang geskors. Die party sê die besluit volg na bevindings dat hul optrede die organisasie se eenheid, dissipline en grondwetlike prosesse ondermyn het, insluitend ongemagtigde openbare verklarings en optrede wat interne verdeeldheid veroorsaak het. […]
# President Cyril Ramaphosa het die regering se verbintenis tot grondhervorming, werkskepping en verbeterde dienslewering herbevestig. Ramaphosa het tydens die bekendstelling van die Mylpale van Vryheid-program by die Uniegebou in Tshwane gesê grondherstel, herverdeling en die beskerming van grondregte bly sentraal in die hantering van geskiedkundige ongeregtighede. Hy het bygevoeg grondhervorming is noodsaaklik vir die […]
# Die Madlanga-kommissie het gelas Getuie J sal agter geslote deure getuig weens veiligheidsredes en voortgesette ondersoeke. Die kommissie ondersoek die omstandighede rondom die diefstal van ‘n besending dwelms van 541-kilogram uit die Valke se kantore in Port Shepstone, KwaZulu-Natal in 2021. Die kommissie se voorsitter, regter Mbuyiseli Madlanga, sê die getuienis sal in camera […]
# Die DA sê 56-persent van die land se polisiestasies kan nie per telefoon bereik word nie. ‘n Landwye oudit het bevind 571 uit meer as een-duisend polisiestasies het nie hul gelyste amptelike nommers beantwoord nie. Limpopo het die swakste reaksiekoers getoon, gevolg deur die Vrystaat. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die bevindings beklemtoon voortdurende […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag van vandag af koue tot koel weer oor die grootste deel van die land, veral in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, die Vrystaat, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. ‘n Geel vlak-een-waarskuwing is uitgereik vir sterk wind in die weste van die Noord-Kaap wat verkeer tot Saterdag kan ontwrig. Voorspelers verwag die naweek ook […]
# Bird flu has killed thousands of southern elephant seal pups on remote Antarctic islands belonging to Australia. The Heard and McDonald Islands, about four-thousand kilometres south-west of Australia, are home to over one million breeding seabirds and seals. Scientists estimate about 13-thousand baby seals from a group of 17-thousand on Heard Island were killed […]
# Explosions and gunfire were heard at the airport in Niger’s capital of Niamey. A witness told AFP the gunfire, which lasted for two hours, came from the entrance at the Diori Hamani international airport. Niger has been fighting an Islamist insurgency for a decade and in January suspected jihadists launched an attack on the […]
# Georganiseerde arbeid sê migrante moet nie blameer word vir Suid-Afrika se ekonomiese probleme nie. Die sektor glo werkloosheid en armoede word veroorsaak deur ekonomiese mislukkings, korrupsie en swak regering. Vakbondfederasies waarsku toenemende anti-migrantesentiment verdeel werkers en mag nie tot geweld of vergeldingsaanvalle lei nie. Die algemene sekretaris van die vakbondfederasie Saftu, Zwelinzima Vavi, het […]
# Die SA Suikerrietkewekers het ‘n ooreenkoms tussen die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Vision-konsortium verwelkom om die sakeredding van Tongaat Hulett te befonds. Die ooreenkoms bied korttermynfinansiering en trek die likwidasie-aansoek terug, wat die maatskappy toelaat om voort te gaan met bedrywighede terwyl ‘n reddingsplan geïmplementeer word. Die voorsitter van die organisasie, Higgins Mdluli, sê Tongaat […]