# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sal hierdie week, by die Toerisme Handelsleierskapkonferensie, besonderhede bekend maak oor Suid-Afrika se nuwe Elektroniese Reisbemagtigingstelsel. Die stelsel, aangedryf deur gevorderde masjienleertegnieke, word tans ontwikkel om visumaansoeke te digitaliseer en te outomatiseer, wat ondoeltreffendheid en bedrog sal verminder. Schreiber sê die innovering sal Suid-Afrika se immigrasieprosesse moderniseer […]
# AfriForum sal vandag ‘n volledige funksionele rybewyskaartdrukker voor die hoofkantoor van die Departement van Vervoer in Pretoria demonstreer. Dit volg te midde van ‘n reuse-agterstand na jare se beloftes oor ‘n nuwe drukker. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy is uitgenooi om die demonstrasie by te woon. Louis Boshoff van AfriForum sê die departement […]
# Die Activists and Citizens Forum doen ‘n beroep op die Madlanga-kommissie en die Parlementêre ad hoc-komitee om die hoogs-geheime Phala Phala-verslag te deklassifiseer. Miljoene rande in buitelandse valuta is in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo gesteel. Die forum voer aan die klassifisering is ‘n poging om die waarheid te verdoesel […]
# ANC-president Cyril Ramaphosa sê raadslede het die mag om die samelewing te verander en burgers se lewens te verbeter. Ramaphosa het duisende raadslede by die FNB-stadion in Johannesburg in Gauteng toegespreek en gesê plaaslike regering het die grootste potensiaal om verandering te dryf, dienste te lewer en die demokrasie te versterk. Hy het raadslede […]
# Die Paroolraad het die moordenaar Donovan Moodley se vrylating op parool goedgekeur, maar die finale besluit berus by die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald. Die Nasionale Raad vir Korrektiewe Dienste sal die besluit nou hersien. Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die ontvoering en moord op die universiteitstudent, Leigh Matthews, en is […]
# Netbal: Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, in ‘n vennootskap met Aspen Pharmacare, het vandag twee opgeknapde netbalbane by die Mid-Ennerdale Primary School oorhandig. Beamptes het gewys op die belangrike rol van sport om jeugdiges van die strate af te hou, die bevordering van dissipline, en gemeenskappe bymekaar te bring. Die oorhandinging val […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het die herroeping aangekondig van die Ford Ranger Wildtrak-, Tremor- en Platinum 2025–2026-voertuie. Daar is ‘n probleem met die remversterker wat die risiko vir ongelukke verhoog. Meer as vyf-duisend-600 eenhede word geraak, met herstelwerk wat gratis by Ford-handelaars aangebied word. Intussen is meer as 124-duisend Mitchum-aanrolprodukte herroep nadat ‘n vervaardigingsverandering velreaksies […]
# Die kantoor van die eerste minister van Brittanje, Keir Starmer, het die Amerikaanse tegnologie-miljardêr Elon Musk veroordeel vir wat hulle noem “gevaarlike en opruiende taal” tydens ‘n toespraak wat uitgesaai is by een van die grootste ver-regse betogings ooit in Brittanje. Musk het by Saterdag se optog gevra vir die ontbinding van die Britse […]
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Hamas word aangemoedig deur pogings van Brittanje, Frankryk en ander Amerikaanse bondgenote om ‘n Palestynse staat te erken. Hy het tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, in Jerusalem gesê so ‘n erkenning het geen uitwerking nie en dien eintlik as […]