# Statistiek Suid-Afrika sê die aantal sake-likwidasies het in Mei met 16-persent gedaal van 268 tot 225 gevalle in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Hierdie afname is gedryf deur minder maatskappy- en beslote korporasie-likwidasies gedurende die tydperk. Onica Mushwana van Statistiek SA sê egter die data toon ‘n gemengde tendens oor die drie maande […]
# Die Wes-Kaapse ekonomie het met 0,6-persent tussen Januarie en Maart gegroei, wat die nasionale gemiddeld van 0,5-persent oortref. Die groei word gedryf deur ‘n sterk vertoning in sektore soos finansies, landbou en toerisme, met verhoogde uitvoere van appels en druiwe en ‘n toename in internasionale aankomste in Kaapstad. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling […]
# President Cyril Ramaphosa sê maatreëls is geneem om te verseker dat 30 Junie ‘n normale werksdag sal wees ondanks die beplande onwettige immigrasieproteste. In reaksie op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies het Ramaphosa gesê veiligheidsmagte is gereed om orde te handhaaf en bestendigheid landwyd te ondersteun. Hy het die raad verseker die […]
# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê die oorbevolking van korrektiewe instellings bly ‘n ernstige uitdaging, met buitelandse gevangenes wat sowat 12-persent van gevonnisde gevangenes uitmaak. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng het aan die media gesê vertragings in deportasieprosesse plaas druk op fasiliteite en hulpbronne wat reeds onder druk is. Ramolobeng het ‘n gevangene-oordragooreenkoms tussen […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê migrasie toets die beginsels van die Vryheidsmanifes en plaas druk op nasionale eenheid en die oppergesag van die gereg. Mbalula het die media ingelig oor die uitkomste van die party se nasionale werkkomitee en gesê die regering tree ferm op met ongedokumenteerde migrasie, met meer as […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê hulle sal die staatsoorname van die Mangaung korrektiewe sentrum in die Vrystaat noukeurig monitor wanneer die Departement van Korrektiewe Dienste volgende maand volle beheer oorneem. Die voorsitter van die komitee, Anthea Ramolobeng, het die media ingelig oor sekuriteitsaangeleenthede en gesê daar is steeds kommer oor personeelwerwing, […]
# Rugby: Die ervare stut Rambo Kubheka sal die Junior Springbokke môre teen Uruguay aanvoer in hul Groep A-wedstryd van die Junior Wêreldkampioenskap in Tbilisi, Georgië. Die span se kaptein, Siphosethu Mnebelele, is op die bank gekies vir die SA-onder-20’s se eerste kragmeting van die toernooi. Afrigter Kevin Foote het op ‘n verdeling van vyf […]
# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie het die heel eerste distrikenergieraad in die ZF Mgcawu-distrik in die Noord-Kaap bekendgestel. Die loodsprojek bring die regering, Eskom, munisipaliteite, besighede en ander belanghebbendes bymekaar om samewerking te versterk en elektrisiteitsbetroubaarheid op distriksvlak te verbeter. Adjunkminister Samantha Graham-Maré sê die raad sal vir 12 maande werksaam wees en […]
# Sokker: Bafana Bafana se kaptein en doelwagter, Ronwen Williams, sê afrigter Hugo Broos verdien ‘n standbeeld nadat hy Suid-Afrika die heel eerste keer na die uitspeelronde gelei het. Bafana het Suid-Korea-1-0 verslaan in sy laaste groepswedstryd toe Thapelo Maseko die enigste doel aangeteken het. Suid-Afrika is tweede in Groep A en speel Sondag teen […]