# G20-ministers van Finansies en presidente van sentrale banke het die 2025–2030 G20 Afrika-betrokkenheidsraamwerk onderskryf om groei en ontwikkeling reg oor Afrika te bevorder. Die vergadering, onder die voorsitterskap van Suid-Afrika se adjunkminister van Finansies, David Masondo, het in Washington volhoubare ontwikkeling, skuldvolhoubaarheid en die regulering van kunsmatige intelligensie bespreek. Masondo sê die raamwerk verseker […]
# Rusland sê baie vrae moet opgelos word voordat die Russiese president Vladimir Putin en sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump kan vergader, insluitend wie in elke onderhandelingspan sou wees. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov, sê sy minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov en sy Amerikaanse eweknie, Marco Rubio, sal hieraan begin werk. Volgens Peskov […]
# Venezuela het duisende soldate naby die Colombiaanse grens ontplooi na aanleiding van die Amerikaanse militêre opbou in die Karibiese See. Amerikaanse media berig ook oor ‘n nuwe aanval op ‘n beweerde dwelmsmokkelboot. Die Verenigde State het verskeie militêre vaartuie na die gebied gestuur en die afgelope weke ‘n reeks dodelike aanvalle op bote geloods. […]
# The American president Donald Trump will welcome his Ukrainian counterpart Volodymyr Zelensky to the White House later today for a meeting Ukraine had hoped would result in more military support. Zelensky has been pushing for Tomahawk missiles from the US, but during a two-hour call between Trump and Vladimir Putin yesterday, the Russian president […]
# Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, doen ‘n beroep op die regering van nasionale eenheid om vertroue in wetstoepassing te herstel en ‘n nuwe nasionale misdaadvoorkomingsraamwerk te vestig. Volgens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vertrou slegs 22-persent van Suid-Afrikaners steeds die polisie. Kwankwa sê dié syfer is nie net ‘n statistiek nie, dit is ‘n nasionale […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het bevestig daar is bestendige vordering met die ontwikkeling van die SABC se nuwe befondsingsmodel. Die proses, gelei deur die tegnologie-firma BMIT, sluit voortgesette betrokkenheid van belanghebbendes in om die openbare uitsaaier se finansiële raamwerk te vorm. Malatsi het aan SABC News gesê die werk […]
# Action Society het hernude oproepe gedoen vir die verwydering van Kannaland se burgemeester, Jeffrey Donson in die Wes-Kaap, wat in 2008 skuldig bevind is aan statutêre verkragting en onsedelike aanranding. Action Society se woordvoerder, Juanita du Preez, veroordeel sy voortgesette leierskap ondanks sy misdaadrekord en nuwe bewerings. Sy sê die organisasie dring aan op […]
# Professor Thuli Madonsela van die Universiteit Stellenbosch sê geslagsgeweld en misdaad ondergrawe menslike veiligheid deur basiese menseregte te skend. Madonsela het tydens die Sewende Sosiale Geregtigheidsberaad in Kaapstad gesê Israel se oorlog in Gaza en die voortdurende konflik tussen Rusland en Oekraïne bedreig menslike veiligheid. Sy voeg by dat vrede en die planeet bedreig […]
# Die United Africans Transformation, in vennootskap met Tau Projects, oorhandig vandag ‘n nuutgeboude huis in Mogoto se Pompeng-gedeelte in Lepelle Nkumpi, in Limpopo. Die inisiatief is deel van hul voortgesette pogings om huise te bou en waardigheid binne plaaslike gemeenskappe te herstel. UAT-woordvoerder Tsakane Manganyi sê die projek demonstreer volhoubare ontwikkeling en gemeenskapsbemagtiging in […]