# Krieket: Die ervare bouler, Shaheen Shah Afridi, sal Pakistan in die eendagreeks teen Suid-Afrika aanvoer. Mohammad Rizwan, wat slegs ‘n jaar in die posisie was, is vervang nadat die land in die eerste ronde van die Kampioenebeker uitgeskakel is, gevolg deur hul eerste reeksverlies in die Wes-Indiese Eilande in 34 jaar. Die beheerliggaam sê […]
# Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die eenheid vir onopgeloste sake het probeer om beheer te neem van die Q-Tech ingenieur Armand Swart se moorddossier, ten spyte van voortdurende arrestasies. Hy het verwys na gespanne vergaderings met die hoof van die Gautengse misdaad-ondersoekdienste, Richard Shibiri, waar daar op moontlike omkopery gesinspeel is. Getuie […]
# Rugby: Die Ierse vleuel Mack Hansen moes onttrek aan die span vir volgende maand se toets teen Nieu-Seeland in Chicago nadat hy ‘n voetbesering vererger het. Die Britse en Ierse Leeus-speler is van die veld tydens Connacht se nederlaag van 28-27 teen die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die nuweling-senter Tom Farrell en Jimmy […]
# Padwedlope: Die hoofborg van die Soweto-marathon, African Bank, het bevestig dat die mans- en vrouewenners van die 42,2-kilometer wedloop, elk 250-duisend sal ontvang. Die wedloop vind op 29 November by Nasrec plaas, met alle prysgeld en uitgawes wat ten volle gedek is. Die hoofbemarkingsbeampte, Sbusiso Khumalo, het die bank se verbintenis tot die ondersteuning […]
# Sokker: Ballon d’Or-wenner Ousmane Dembele is ingesluit in Paris Saint-Germain se groep wat vanaand teen Bayer Leverkusen in die Kampioeneliga speel na ‘n besering wat hom ses weke op die kantlyn gehou het. Dembele het ‘n dyspier beseer toe hy vroeg in September vir Frankryk gespeel het. Hy het by ‘n spesialiskliniek in Katar […]
# Twee van die Verenigde State se topgesante na die Midde-Ooste het Maandag met die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu vergader nadat geweld oor die naweek gedreig het om die breekbare wapenstilstand in Gaza, wat deur die VSA bemiddel is, te vernietig. Die vergadering het plaasgevind nadat Israel die Kerem Shalom-grenspos na Gaza vir hulpversendings […]
# Krieket: Die Protea-vroue speel vandag in Colombo, Sri Lanka, teen Pakistan in hul voorlaaste Wêreldbeker-groepswedstryd nadat hulle reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer het. Daar is nie veel op die spel vir die teenstanders nie, want hulle is onderaan die punteleer met slegs twee punte na hulle vorige vyf wedstryde. Suid-Afrika het haar eerste wedstryd […]
# Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika het die Senior Uitvoerende Beampte van Lift, Daniel Rosenzweig, as voorsitter verkies en die uitvoerende hoof van Eswatini Air, Kaptein President Dlamini, as adjunkvoorsitter. Albei sal ‘n termyn van 12 maande dien. Tydens die 55ste Algemene Jaarvergadering in Lusaka, Zambië, het die vereniging se uitvoerende hoof, Aaron Munetsi, gesê die […]
# French police face a race against time to recover objects stolen in a daring heist at the world-famous Louvre Museum in Paris. An art detective told Sky News it’s the theft of the decade and to recover the priceless crown jewels, police will need to find the culprits within a week. Eight objects were […]