# Die DA in Tshwane veroordeel die voortgesette dubbele fakturering van die stadsreinigingsheffing. Die party se woordvoerder oor Finansies, Jacqui Uys, sê ten spyte van beloftes om onwettige afvalheffings te stop, het die Tshwane Metro en die burgemeester, Nasiphi Moya, versuim om op te tree. Uys sê baie inwoners het die koste betaal met die […]
# Die Konstitusionele Hof het beslis dat die Munisipale Werknemerspensioenfonds die nodige regsbevoegdheid gehad het om die Stad Johannesburg se goedkeuring van ‘n hersoneringsaansoek deur Nordic Light Properties te betwis. Die hof het bevind dat die fonds regstreeks geraak is nadat hulle eienaarskap van die Nicolway Bryanston-winkelsentrum, ook bekend as die Winifred Mandela-sentrum, verkry het. […]
# Krieket: Australië se kaptein, Alyssa Healy, het weens ‘n besering onttrek aan môre se Wêreldbeker-groepswedstryd teen Engeland. Sy het volgens berigte ‘n geringe spierbesering opgedoen tydens oefening, maar dis nog nie seker of sy reg sal wees vir die res van die toernooi nie. Australië en Engeland is tans boaan die punteleer en het […]
# Die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika het die uitkoms van sy befondsingsversoek onder die Belmont Forum vir samewerkende navorsing aangekondig. Tien transdissiplinêre navorsingsprojekte is vir befondsing gekies. Die woordvoerder, Bongani Nkosi, sê 172 voorlopige voorstelle en 59 volledige voorstelle is deur navorsers van regoor die wêreld by die stigting ingedien. Die tien projekte word gelei […]
# Die DA in Ekurhuleni het in ‘n brief aan die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, geëis dat die ouditverslag oor die stad se 1,8-miljard-rand tender vir mobiele chemiese toilette tydens volgende week se Raadsitting ter tafel gelê word. Die DA-lid, Brandon Pretorius, sê die verslag wat saamgestel is deur die vermoorde afdelingshoof vir forensiese oudit, Mpho Mafole, bevat glo […]
# Frankryk se oudpresident, Nicolas Sarkozy, het vandag die eerste voormalige hoof van ‘n Europese Unie-staat geword wat tronk toe is, maar sy onskuld verklaar toe hy die tronk in Parys binnegaan. Hy was van 2007 tot 2012 Frankryk se regse leier en is verlede maand skuldig bevind aan pogings om befondsing van die Libiese […]
# Japan se nuwe eerste minister, Sanae Takaichi, het slegs twee ander vroue in haar kabinet van 19-lede ingesluit, al het sy Nordiese vlakke van verteenwoordiging beloof. Satsuki Katayama is die eerste vroue-minister van Finansies. Takaichi, ‘n bewonderaar van die voormalige Britse eerste minister, Margaret Thatcher, is vanoggend as die eerste vrou in die posisie […]
# Die adjunkminister van Landbou, Rosemary Nokuzola Capa, lei môre ‘n uitreikprogram met 200 vroulike boere by Ingquza Hill in die Oos-Kaap. Die uitreik het ten doel om vroulike boere te bemagtig en te ondersteun, met erkenning van hul belangrike rol in landbou, landelike ontwikkeling en voedselsekerheid. Sy sê die projek is ook daarop gemik […]
# Die Referendum-party verwelkom die Demokratiese Alliansie se Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal en sê dit stem ooreen met sy eie Wetsontwerp op Nie-rassigheid wat in Julie ingedien is. Phil Craig van die party sê hy kritiseer die Swart Ekonomiese Bemagtingsbeleid wat ongelykheid laat voortduur en voer aan dat nie-rassigheid ‘n grondwetlike noodsaklikheid is. […]