# Die Veiligheidsreguleerder van die Spoorweë het nege-duisend-200 veiligheidsverwante voorvalle in sy 2024/25-verslag aangeteken, ‘n afname van 7,2-persent teenoor verlede jaar. Sterftes het tot 81 gedaal, die laagste in vyf jaar, maar beserings het tot 336 gestyg, die hoogste vir dieselfde tydperk. Die reguleerder sê operasionele voorvalle, wat met byna elf-persent gestyg het, is veroorsaak […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Asterix se nuutste tekenprentavontuur wat gister vrygestel is, word in 19 tale en in 25 lande gepubliseer terwyl dit die ontembare Galliese kryger na antieke Portugal wegvoer. “Asterix in Lusitania” is die 41ste aflewering van die legendariese Franse strokiesprentreeks, wat hom na die verste uithoeke van die Romeinse Ryk neem. Soos gewoonlik word hy […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Build One South Africa doen ‘n beroep vir die dringende skepping van ‘n openbaar-toeganklike digitale register van alle regerings- en staatsbeheerde diensverskaffers. Die oproep volg ná onthullings deur die Madlanga-kommissie in Pretoria, wat wydverspreide tenderkorrupsie uitlig. BOSA se adjunkleier Nobuntu Hlazo-Webster sê die register sal besteding deursigtig maak, korrupsie stop en die publiek toelaat […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het sy getuienis voor die parlementêre ad hoc-komitee gewysig en sy vorige bewering teruggetrek dat voormalige polisieminister Bheki Cele geld van Vusimuzi “Cat” Matlala ontvang het. Cele het bevestig dat hy bewus is van die vorige bewerings. Alhoewel Mkhwanazi se hersiene getuienis die bewering van direkte betaling verwyder, […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Universiteit van Kaapstad word hof toe geneem oor twee resolusies oor die Israel-Gaza-konflik wat aanvaar is sonder om die  gevolge te oorweeg. News24 berig professor Adam Mendelsohn het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om die raad se besluite tersyde te stel. Mendelsohn voer aan die universiteit het finansiële en reputasierisiko’s geïgnoreer, insluitend die onttrekking […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Getuie B het aan die Madlanga-kommissie gesê sy kan nou vreedsaam sterf in die wete dat haar getuienis die waarheid oor korrupsie en geweld in die polisie ontbloot het. Sy het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, bedank vir sy moed om kwessies bloot te lê wat ander vrees om aan te pak. Getuie B […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Bykans 37-duisend migrante het tot dusver vanjaar met klein bote in die Verenigde Koninkryk aangekom, terwyl die regering nuwe druk ervaar oor pogings om die vaarte te verhoed. Altesaam 36-duisend-954 ongedokumenteerde migrante het tot dusver vanjaar die Engelse Kanaal oorgesteek van Noord-Frankryk na die Engelse suidkus, in vergelyking met 36-duisend-816 vir die hele 2024. […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# China se regerende Kommunistiese Party het aan die einde van ‘n belangrike byeenkoms in Beijing gesê die land moet sy verbruik op ‘n kragtigte manier verhoog en nasionale veiligheid binne die volgende vyf jaar konsolideer. Die vier dae van geslote vergaderings het hooggeplaaste amptenare byeengebring om langtermynstrategieë te bespreek vir die 15de Vyfjaarplan, wat […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Fietsry: 2026 se Tour de France gee die verdedigende kampioen, Tajec Pogacar, en sy teenstanders die geleentheid om sake uit te spook op ‘n menigte bergpasse en pieke, onder meer twee skofte op die indrukwekkende Alpe d’Huez. Die wedren van 21 dae oor drie-duisend-333-kilometer begin op 4 Julie in Barcelona, Spanje, en eindig op […]