# Die Aubrey Tau-stigting het ‘n beloning van 250-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van verdagtes in die moorde op niggies Tshiamo en Baleseng Moramaga. Die liggame van die 22- en 21-jarige vroue is gisteroggend in Sompisistraat in Mamelodi-Oos ontdek. Die jong vroue, beskryf as onafskeidbaar en vol belofte, het loopbane in […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Vryheidsfront Plus versoek boere om te verseker hulle vee word ingeënt. Die waarskuwing volg ná ‘n bevestigde miltsiekte-uitbreking op Ghaap se Berg naby Douglas in die Noord-Kaap. Die siekte, waaraan wildsbokke reeds gevrek het, hou ernstige gevare in vir vee en mense. Wynand Boshoff van die VF Plus vra boere om onmiddellik op […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza het ANC-lede aangespoor om die 108ste herdenking van voormalige partypresident Oliver Tambo te gebruik om hul politieke verbintenis tot diens te hernu. Tydens ‘n kransleggingseremonie by die Tamboville-begraafplaas beskryf die burgemeester Tambo en sy vrou, Adelaide, as gedissiplineerde, etiese en visionêre leiers wie se nalatenskap steeds Suid-Afrika se […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Namibiese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah het direkte beheer oor die ministerie van Mynwese, Energie en Nywerheid oorgeneem. Sy het adjunk-eerste-minister Natangwe Ithete uit sy dubbele rol verwyder. Die presidensie sê die verandering is daarop gemik om koördinering in Namibië se noodsaaklike hulpbronsektore, insluitend uraan-, diamant- en opkomende oliebedrywe, te versterk. Ontleders sê die skuif […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Oliver en Adelaide Tambo is vandag tydens ‘n kranslegging-seremonie by die Tamboville-begraafplaas vereer vir hul belangrike rol in Suid-Afrika se bevrydingstryd. Die geleentheid is aangebied deur die Oliver en Adelaide Tambo-stigting in vennootskap met die Stad Ekurhuleni. Die ANC se adjunk-streeksekretaris, Moipone Mhlongo, het hulde gebring aan hul nalatenskap en Tambo se lewenslange toewyding, […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Project Management South Africa het sy Lesotho-tak van stapel gestuur en word die vierde in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap na Mosambiek, die Demokratiese Republiek die Kongo en Suid-Afrika. Die bekendstelling kom terwyl Lesotho sy kapitaalbegroting verdriedubbel om infrastruktuur en ekonomiese groei te bevorder. Die organisasie sê die tak sal help om projek-sukseskoerse te verbeter, professionele […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die nasionale ballistiese hoof van die polisie, Mishak Mkhabela, het aan die Madlanga-kommissie gesê ‘n agterstand van meer as 41-duisend ballistiese sake in die land vertraag strafregtelike ondersoeke, met die Wes-Kaap wat die swaarste getref word. Mkhabela sê slegs 42 ontleders is beskikbaar om meer as 29-duisend vuurwapens te hanteer en van die wapens […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die borgtog van die 52-jarige onderwyser Vuyokazi Gana suksesvol teengestaan. Sy word beskuldig van mensehandel, dat sy ‘n bordeel bestuur het en wins uit prostitusie maak. Die Oos-Londense landdroshof het beslis dat geen buitengewone omstandighede haar vrylating regverdig nie. Gana, wat op 15 Oktober in hegtenis geneem is, het na […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Netbal: Die adjunkpresident van Netbal Suid-Afrika, Mami Diale, is verkies as die nuwe president van die organisasie, en volg Cecilia Molokwane op ná haar agt-jaar ampstermyn. Diale het aan SABC News gesê die nuutverkose leierskap is dankbaar vir die vertroue wat die netbalgemeenskap toon. Sy het belowe om die ontwikkeling vanaf voetsoolvlak te versterk, […]