# Krieket: Suid-Afrika en Pakistan se manspanne pak mekaar vandag in die eerste van drie T20-wedstryde in Rawalpindi nadat die toetsreeks een-elk gelykop geëindig het. Donovan Ferreira sal die Proteas aanvoer terwyl Aiden Markram ‘n ruskans kry. David Miller sou as kaptein gedien het, maar het ‘n beenbesering opgedoen. Matthew Breetzke is as kaptein aangewys […]
# Swem: Die Suid-Afrikaanse swemmer Rebecca Meder het haar vierde bronsmedalje tydens die laaste been van die Wêreldbeker-reeks in Toronto, Kanada, verower. Die 23-jarige van KwaZulu-Natal het derde geëindig in die 100 meter borsslag met ‘n tyd van een-minuut-4-komma-48-sekondes. Meder, wat aan al drie byeenkomste van die reeks deelgeneem het, was algeheel 16de. Sy sê […]
# Die Aubrey Tau-stigting het ‘n beloning van 250-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van verdagtes in die moorde op niggies Tshiamo en Baleseng Moramaga. Die liggame van die 22- en 21-jarige vroue is gisteroggend in Sompisistraat in Mamelodi-Oos ontdek. Die jong vroue, beskryf as onafskeidbaar en vol belofte, het loopbane in […]
# Die Vryheidsfront Plus versoek boere om te verseker hulle vee word ingeënt. Die waarskuwing volg ná ‘n bevestigde miltsiekte-uitbreking op Ghaap se Berg naby Douglas in die Noord-Kaap. Die siekte, waaraan wildsbokke reeds gevrek het, hou ernstige gevare in vir vee en mense. Wynand Boshoff van die VF Plus vra boere om onmiddellik op […]
# Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza het ANC-lede aangespoor om die 108ste herdenking van voormalige partypresident Oliver Tambo te gebruik om hul politieke verbintenis tot diens te hernu. Tydens ‘n kransleggingseremonie by die Tamboville-begraafplaas beskryf die burgemeester Tambo en sy vrou, Adelaide, as gedissiplineerde, etiese en visionêre leiers wie se nalatenskap steeds Suid-Afrika se […]
# Die Namibiese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah het direkte beheer oor die ministerie van Mynwese, Energie en Nywerheid oorgeneem. Sy het adjunk-eerste-minister Natangwe Ithete uit sy dubbele rol verwyder. Die presidensie sê die verandering is daarop gemik om koördinering in Namibië se noodsaaklike hulpbronsektore, insluitend uraan-, diamant- en opkomende oliebedrywe, te versterk. Ontleders sê die skuif […]
# Oliver en Adelaide Tambo is vandag tydens ‘n kranslegging-seremonie by die Tamboville-begraafplaas vereer vir hul belangrike rol in Suid-Afrika se bevrydingstryd. Die geleentheid is aangebied deur die Oliver en Adelaide Tambo-stigting in vennootskap met die Stad Ekurhuleni. Die ANC se adjunk-streeksekretaris, Moipone Mhlongo, het hulde gebring aan hul nalatenskap en Tambo se lewenslange toewyding, […]
# Project Management South Africa het sy Lesotho-tak van stapel gestuur en word die vierde in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap na Mosambiek, die Demokratiese Republiek die Kongo en Suid-Afrika. Die bekendstelling kom terwyl Lesotho sy kapitaalbegroting verdriedubbel om infrastruktuur en ekonomiese groei te bevorder. Die organisasie sê die tak sal help om projek-sukseskoerse te verbeter, professionele […]
# Die nasionale ballistiese hoof van die polisie, Mishak Mkhabela, het aan die Madlanga-kommissie gesê ‘n agterstand van meer as 41-duisend ballistiese sake in die land vertraag strafregtelike ondersoeke, met die Wes-Kaap wat die swaarste getref word. Mkhabela sê slegs 42 ontleders is beskikbaar om meer as 29-duisend vuurwapens te hanteer en van die wapens […]