# Die vrugteverspreider Tru-Cape verwag sy grootste kersie-oes ooit in Ceres in die Wes-Kaap, na byna perfekte groeitoestande. Die direkteur vir Aankope, Calla du Toit sê ‘n ideale kombinasie van reënval en sonskyn het die vruggrootte en soetheid verhoog. Hy sê die 2025-oes het tot tien dae vroeg begin, wat die verkoopsvenster voor Kersfees verleng […]
# Israel het die noodtoestand vir gebiede naby die grens met Gaza opgehef – die eerste keer sedert Hamas se aanvalle in Oktober 2023. Die minister van Verdediging, Israel Katz, sê die besluit weerspieël die nuwe veiligheidsituasie in die suide van die land en volg terwyl die wapenstilstand wat op 10 Oktober in werking getree […]
# SA Harvest het sy kweekhuisprogram van stapel gestuur om Suid-Afrika se voedselvermorsing- en hongerte aan te pak. Die projek omskep produkte wat gered word in volhoubare landbou met die gebruik van hidroponika en gemeenskapsopleiding. Die projek, tans in Gauteng en KwaZulu-Natal, bevorder voedselonafhanklikheid, werkskepping en klimaataksie terwyl dit stortingsterrein-afval verminder en langtermyn-voedselveerkragtigheid bou. Die […]
# AfriForum en die gesin van die 21-jarige Dewald Beetge versoek Suid-Afrikaners om vandag wit te dra uit verset teen landelike geweld. Beetge is steeds in ‘n bedenklike toestand nadat hy op 15 Oktober geskiet is tydens ‘n plaasaanval naby Melville in KwaZulu-Natal. Jacques Broodryk van AfriForum veroordeel die wreedheid en noem dit ‘n wekroep […]
# Een van die grootste wynvervaardigers in Suid-Afrika, Namaqua Wines, het sy verspreidingsafdeling se handelsmerk na Niew Beverages verander om verder as bokswyn na ‘n breër drankmark uit te brei. Die maatskappy voorsien alle groot drank-kleinhandelaars vanuit sy elf takke en bestuur meer as 500 produkte. Niew Beverages se woordvoerder, David Radloff, sê die handelsmerk, […]
# Die vakbondfederasie Cosatu het sy steun aan die Zimbabwiese Vakbondkongres beloof teen pogings om president Emmerson Mnangagwa se ampstermyn te verleng. Die federasie sê pogings om die Grondwet te verander is ‘n bedreiging vir demokrasie, goeie regering en die oppergesag van die reg. Zanele Sabela van Cosatu sê die stryd van Zimbabwiese werkers word […]
# NotInMyName Internasionaal veroordeel die wrede moorde Sondag op Tshiamo en Baleseng Moramaga in Mamelodi-Oos. Die organisasie vra ‘n deursigtige SAPD-ondersoek, verhoogde sigbare wetstoepassing en gespesialiseerde ondersteuning vir die gemeenskap. NotInMyName beklemtoon sistemiese mislukkings in die bekamping van geslagsgeweld en beklemtoon dat vroue in Suid-Afrika veiligheid in hul huise en woonbuurte verdien. Die groep belowe […]
# Rugby: Die voormalige Springbok- en Bulle-afrigter, Jake White, sien uit na sy terugkeer na die suiwerste vorm van die spel nadat hy aangestel is as raadgewer by Selborne College in Oos-Londen in die Oos-Kaap. Hy het laas afgerig toe hy die Bulle in Julie verlaat het na ‘n spelersopstand. White se voormalige hulpafrigter, Phiwe […]
# Soccer: Serie A leaders Napoli could be without Kevin De Bruyne until early 2026 after the club confirmed he had suffered a hamstring injury. The former Manchester City midfielder was hurt while scoring a penalty in his team’s 3-1 home victory over Inter Milan on Saturday. After converting his spot kick, the 34-year-old Belgian […]