# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi het die Hooggeregshof in Pietermaritzburg se beslissing verwelkom om die uitspraak van die 1967 geregtelike doodsondersoek, wat hoofman Albert Luthuli se dood as ‘n ongeluk verklaar het, tersyde te stel. Kubayi se woordvoerder, Terrence Manase, sê die uitspraak weerspieël Suid-Afrika se voortgesette toewyding om historiese […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering tree ernstig op om die vrot appels uit die polisiemag te verwyder en openbare vertroue te herstel. Mashatile het in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die polisiediens word skoongemaak met stappe om toesig te versterk en te verseker slegs toegewyde beamptes bly in die mag. […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi het die National Coloured Congress- parlementslid, Fadiel Adams, uitgedaag om ‘n saak teen hom te open. Mkhwanazi sê hy is gladnie ontstel nie en is gereed vir enige pogings om hom te intimideer oor sy getuienis oor polisie-inmenging en korrupsie. Hy sê die publiek sien nou die polisie […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die houerterminaal in Kaapstad is ‘n noodsaaklike komponent in die uitvoer van produkte na wêreldmarkte. Creecy het tydens ‘n toesigbesoek om Transnet se gereedheid vir die sagtevrugte-uitvoerseisoen te beoordeel, beklemtoon dat die hawe ‘n sleutelspilpunt vir die Wes-Kaap is wat noodsaaklike ekonomiese groei en werkskepping bevorder. Sy […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die ANC sê die uitspraak van die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, wat bevestig Hoofman Albert Luthuli is deur die apartheidspolisie vermoor, herstel waarheid, waardigheid en geregtigheid aan sy nalatenskap en Suid-Afrika se geskiedenis. Die hof het die apartheidsera-ondersoek verwerp wat valslik beweer het Luthuli is dood nadat hy in 1967 deur ‘n trein getref […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Rugby: Japan se afrigter, Eddie Jones, sê sy span is gereed om alles te gee wanneer hulle Saterdag teen die Springbokke en viermalige wêreldkampioene in Londen te staan kom. Die Brave Blossoms se volgende toets gaan nog moeiliker wees as die een wat hulle verlede week naelskraap teen Australië verloor het. Jones sê Japan […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Rugby: Caelan Doris is met sy terugkeer na Ierland se span op die bank vir môreaand se wedstryd teen Nieu-Seeland in Chicago, met Dan Sheehan as kaptein. Iain Henderson, Bundee Aki en Sam Prendergast is ook op die bank. Jack Crowley begin op losskakel ten koste van Prendergast, met Jamison Gibson-Park sy skakelmaat. Dit […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Sokker: Desiree Ellis gaan Banyana Banyana nog vier jaar afrig nadat sy haar kontrak tot 2029 verleng het. Sy het na die Olimpiese Spele van 2016 oorgeneem by haar voorganger, Vera Pauw. Safa se president, Danny Jordaan, sê Ellis kan Suid-Afrika nou begin voorberei vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi vir vroue nadat hulle vroeër […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Krieket: Suid-Afrika se manspan pak Pakistan vandag in die tweede T20 in Lahore nadat hulle die eerste ontmoeting in Rawalpindi met 55 lopies gewen het. Geen veranderinge word verwag aan die besoekers se span nie. Donovan Ferreira is die kaptein terwyl Aiden Markram ruskans kry. Die ervare paaltjiewagter Quinton de Kock is terug nadat […]