# Palestinians are fleeing parts of Gaza City after the Israeli military began the first stages of a ground offensive. Officials say Israeli soldiers have established a foothold on the outskirts of the city after days of intense bombing and artillery fire. United Nations Secretary General António Guterres renewed calls for an immediate ceasefire to […]
# Motorsport: Maleisië het besluit om nie in die nabye toekoms weer ‘n Formule Een-wedren aan te bied nie weens hoë koste en ‘n reeds volgepakte kalender. Die Suidoos-Asiese nasie het sy eerste F1-wedren in 1999 aangebied, met die laaste Grand Prix wat in 2017 op die Sepang-internasionale renbaan gehou is. Die baan word nou […]
# Krieket: Die Proteas se wegbreek-draaibouler, Prenelan Subrayen, is aangekla van ‘n verdagte boulaksie in Dinsdag se eerste eendagwedstryd teen Australië in Cairns en sal die res van die reeks misloop. Die Internasionale Krieketraad sê die wedstrydbeamptes het hulle bekommernis uitgespreek oor die wettigheid van sy boulaksie. Die kragmeting was Subrayen se eerste eendag-internasionale wedstryd. […]
# Die organisasie teen belastingmisbruik sê om drie Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede onder administrasie te plaas is nie genoeg om jarelange korrupsie en wanbestuur aan te spreek nie. OUTA vra vir ‘n streng twee-maande sperdatum om geloofwaardige rade en etiese hoofde aan te stel by die konstruksie-, dienste-, en plaaslike regering-SETAs. Stefanie Fick van OUTA […]
# Die kleinhandelreus Checkers het ‘n nuwe slim inkopie-waentjie bekendgestel waarmee kopers hulle kruideniersware regstreeks kan skandeer en betaal sonder om by tradisionele betaalpunte te wag. Die vernuwing, wat tans getoets word, sal wagtye verkort en meer gerieflik wees. Klante kan kaarte of digitale beursies gebruik deur middel van die waentjies se ingeboude stelsel. Checkers […]
# Die Federasie vir die Staal- en Ingenieursbedrywe van Suider-Afrika het gewaarsku onsekerheid oor Suid-Afrika se openbare verkrygingsreëls rakende plaaslike inhoud, hou nywerhede terug, wat verbind word met die uitrol van ‘n netwerk. Die aangewese uitvoerende hoof, Tafadzwa Chibanguza, het tydens ‘n dialoog van die Nasionale Sake-inisiatief gesê vertragings met die afhandeling van verkrygingsregulasies het […]
# Die Universiteit Stellenbosch het die vasteland se mees gevorderde Mediese Morfologie-leersentrum op sy Tygerberg-kampus in Kaapstad bekendgestel. Die moderne fasiliteit integreer virtuele en aangevulde realiteit, 3D-drukwerk en interaktiewe tas-tafels, wat studente in staat stel om anatomie op multidimensionele maniere te verken. Die sentrum, wat meer as een-duisend-300 eties verkrygde menslike monsters tesame met moderne […]
# Israel het ‘n groot nedersettingsprojek goedgekeur in ‘n gebied van die besette Wesoewer wat die internasionale gemeenskap gewaarsku het die lewensvatbaarheid van ‘n toekomstige Palestynse staat kan bedreig. Israel wou reeds ‘n geruime tyd bou op die ongeveer 12-vierkante-kilometer stuk grond, bekend as E1 net oos van Jerusalem, maar die plan is jare lank […]
# Die DA sê die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya se bewerings dat meer as 91-duisend straatligte herstel is, is misleidend. Inwoners rapporteer dat strate donker bly, terwyl die skielike verhoging in getalle van 20-duisend tot 91-duisend-581 kommer wek oor deursigtigheid. Themba Fosi van die DA vra dat die stad sonkragstraatligte moet installeer en dat […]