# Eskom vra die publiek om onwettige kragaansluitings en elektrisiteitsdiefstal teen te staan. Woordvoerder Daphne Mokwena sê hierdie bedrywighede skaad kraglewering en bedreig openbare veiligheid. Sy sê elektrisiteit moet slegs van Eskom-goedgekeurde voorsieners gekoop word, en kliënte word aangemoedig om hulle kragverbruik te reguleer. Mokwena sê dit is noodsaaklik om veilige, betroubare en regverdige toegang […]
# Oudpresident Thabo Mbeki het onthul waarom verskeie stigtings, insluitend sy eie, verkies het om nie deel te wees van die nasionale dialoog nie. Mbeki het by Unisa die uitvoerende hoof van sy stigting, Max Boqwana, gevra om die situasie te verduidelik. Boqwana het verwys na oorhaastige beplanning, ‘n gebrek aan geloofwaardigheid en pogings om […]
# Eskom sê ladingsvermindering het ietwat afgeneem gedurende die winter-spitstye in die oggend en aand, van ‘n gemiddeld van 544-megawatt in April tot 529-megawatt in Junie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en Gauteng verteenwoordig sowat 87-persent van die totaal. Sy sê Eskom waardeer die vordering met landswye ladingsvermindering, met ‘n afname van drie-persent […]
# Nepal se pasaangestelde tussentydse eerste minister sê sy sal nie langer as ses maande in die pos wees nie. Sushila Karki sê sy sal mag oorgee aan die nuwe regering wat na die verkiesing op 5 Maart volgende jaar gevorm sal word. Haar aanstelling volg nadat meer as 70 mense dood is tydens anti-korrupsie-betogings […]
# Die Men’s Council of South Africa doen ‘n beroep op alle burgerlike organisasies, tradisionele leiers en Suid-Afrikaners om die Konstitusionele Hof se uitspraak oor mans wat vroue se vanne gebruik, te betwis. Die stigter en president van die raad, Fikile Dyantyi, sê die raad vrees dat hierdie uitspraak kan lei tot die erosie van […]
# Die DA het onthul dat 57 polisie-lede wat na dissiplinêre verhore afgedank is vir misdade soos verkragting, moord, bedrog en korrupsie, tussen 2015 en 2025 weer deur die provinsiale- of afdelingskommissarisse aangestel is. Nicholas Gotsell van die DA sê meeste van die afdankingsbevele is met met kort skorsings of skriftelike waarskuwings vervang. Hy sê […]
# Die Departement van Menslike Nedersettings in Gauteng veroordeel die misleidende inligting in sekere mediaberigte wat impliseer die behuisingsagterstand in die provinsie staan op 1,4-miljoen huise. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hierdie getal is nie ‘n akkurate weergawe van die werklike agterstand nie. Hy sê dit verteenwoordig die totale aantal name op […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die Galg-opgrawingsprojek het die liggame hewin van diegene wat as politieke gevangene gehang is, en hulle families gehelp om hulle tuis met waardigheid te begrawe. Kubayi sê die Ballingskaprepatriasieprojek sal voortgaan om sy werk te doen om die oorblyfsels te herwin van mense wat […]
# Die Departement van Kleinsake-ontwikkeling moedig entrepreneurs en kleinsake-eienaars aan om hul aansoeke vir die Ondersteuningsprogram vir Sake-infrastruktuur voor die sperdatum op 30 September in te handig. Die program wil die groei en volhoubaarheid van Klein, Medium en Mikro-ondernemings verbeter deur die daarstelling van kritieke infrastruktuur, toerusting, tegnologie en energie-oplossings, veral in onderbediende gebiede. Die […]