# Die Madlanga Regterlike Kommissie van Ondersoek sê slegs 300 sitplekke sal beskikbaar wees vir die eerste openbare sittings by die Bridgette Mabandla-justisiekollege in Pretoria. Die openbare sittings oor misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel is geskeduleer vir Woensdagoggend om 10-uur, met die daaropvolgende sessies wat om 9:30 begin. Die kommissie se woordvoerder, […]
# Boks: Die Britse bokslegende, Ricky Hatton is in die ouderdom van 46 dood. Hy was by sy huis in Hyde. Hatton, ‘n voormalige tweegewig-wêreldkampioen, het aanhangers bekoor met onvergeetlike oorwinnings, insluitend sy legendariese oorwinning oor die Russies-Australiese voormalige bokser, Kostya Tszyu. Die polisie sê daar is geen verdagte omstandighede rondom sy dood nie. Hatton […]
# Rugby: Die Franse flank Axelle Berthoumieu kan ‘n lang skorsing verwag as sy daaraan skuldig bevind word dat sy ‘n Ierse teenstander, Aiofe Wafer, gebyt het tydens hulle kwarteindstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Exeter, England. Ierland se kaptein, Sam Monaghan, het die kwessie onder die skeidsregters se aandag gebring, maar daar is nie op […]
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het ongemak uitgespreek teenoor die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, oor lugaanvalle op Katar wat dreig om die reeds sukkelende wapenstilstandspoging in Gaza te laat ontspoor. Israel se belangrikste bondgenoot het ‘n solidariteitsbesoek gereël ‘n week voor ‘n Frans-geleide beraad by die Verenigde Nasies om ‘n […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê aansoeke vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vir die volgende akademiese jaar open môre met ‘n nuwe vereenvoudigde digitale stelsel. Manamela het aan die media gesê die stelsel is ontwerp om goedkeurings te bespoedig en foute te verminder , wat dit vir studente […]
# Die MK-party vra Regter Mbuyiseli Madlanga om die aanvang van die kommissie se verrigtinge op te skort totdat die Hooggeregshof in Pretoria uitspraak gelewer het oor die kommissie se wettigheid. Die kommissie sal van Woensdag af korrupsiebewerings binne die strafregstelsel ondersoek. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die party sal die instelling en […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê die na-skoolse onderwysstelsel is gereed vir ‘n gladde begin van die volgende akademiese jaar. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die gereedheid vir die 2026- akademiese jaar. Manamela sê universiteite, kolleges vir Tegniese en Beroeps-onderwys en -opleiding en gemeenskapkolleges sal volgens skedule heropen […]
# Die kommissaris van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor, Unathi Kamlana, het leiers versoek om etiek bo wins te stel. Kamlana, wat tydens die Rhodes Universiteit se 11de jaarlikse lesing van die Aartsbiskop Thabo Makhoba Ontwikkelingstrust gepraat het, waarsku die strewe na finansiële wins sonder integriteit lei tot sistemiese skade. Kamlana het die koste […]
# Oudpresident Thabo Mbeki het Suid-Afrika versoek om opbouende dialoog met Amerika te voer om ‘n handelsoorlog te voorkom en nasionale soewereiniteit te beskerm. Mbeki het by Unisa gepraat oor ekonomiese uitdagings en waarsku teen ‘n botsing nadat Washington tariewe van 30-persent op belangrike Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel het. Mbeki het die regering se pogings onderskryf […]