# Gholf: Die Noorweegse ster, Viktor Hovland, maak sy eerste buiging in Suid-Afrika wanneer hy in die Nedbank-uitdaagtoernooi afslaan. Die toernooi ter ere van Gary Player word van 4 tot 7 Desember op die Gary Player-buiteklub gespeel. Hovland maak volgende week sy derde agtereenvolgende verskyning in die Ryderbeker-kompetisie op Bethpage Black in Farmingdale, New York, […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste het verduidelik goedkeuring vir die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley se vrylating op parool is steeds aan die gang. Die departement sê sy parool moet deur die Nasionale Raad vir Korrektiewe Dienste hersien word, met die finale besluit wat berus by die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald. Moodley, wat […]
# President Cyril Ramaphosa het raadslede aangespoor om beslissend op te tree en diensleweringsuitdagings aan te spreek, veral watertekorte wat gemeenskappe raak. Ramaphosa het by die FNB-stadion in Johannesburg, Gauteng, aan die party se raadslede gesê hul moet duidelike, praktiese planne ontwikkel om grootmaatwater- en voorsieningsprobleme op te los en nie wag vir die media […]
# Die Gautrein-bestuursagentskap het sy 13de agtereenvolgende skoon oudit in die 2024/2025 finansiële jaar behaal, wat sy reputasie vir deursigtigheid, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur versterk. Albi Modise van die agentskap sê die prestasie weerspieël gedissiplineerde bestuur en doeltreffende werksaamhede. Dit sluit in treinbeskikbaarheid van 99.51-persent en stiptelikheid van 97.57-persent. Die agentskap het ook sertifiserings […]
# Die Verenigde Nasies se Menseregteraad voer vandag ‘n dringende debat oor Israel se lugaanval op Hamas-leiers in Katar. Die debat is byeengeroep nadat twee amptelike versoeke ontvang is, een van Pakistan namens lidlande van die Organisasie van Islamitiese Samewerking, en die ander van Koeweit namens die Samewerkingsraad vir die Arabiese Golfstate. Dit is die […]
# Transnet Hawe-terminale het bevestig ‘n brand het op die houtsplinter-roete by die Richardsbaai-terminale, 80 meter se vervoerbande beskadig. Die brand is onder beheer gebring deur noodreaksiespanne en sproeiers wat groter skade verhoed het. Die bestuur het bevestig die vaartuig op die kaai is herlei na Durban se Multifunksionele Terminaal om voort te gaan met […]
# Die minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika moet nie bekommerd wees oor die begroting van 148-miljoen-rand vir die Madlanga-kommissie nie. Kubayi het tydens ‘n onderhoud met eNCA, Suid-Afrikaners verseker kostebesparende maatreëls is ingestel, insluitend die gebruik van regeringsgeboue. Kubayi het die belangrikheid beklemtoon om kommissarisse te ondersteun, gegewe die sensitiewe […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sal hierdie week, by die Toerisme Handelsleierskapkonferensie, besonderhede bekend maak oor Suid-Afrika se nuwe Elektroniese Reisbemagtigingstelsel. Die stelsel, aangedryf deur gevorderde masjienleertegnieke, word tans ontwikkel om visumaansoeke te digitaliseer en te outomatiseer, wat ondoeltreffendheid en bedrog sal verminder. Schreiber sê die innovering sal Suid-Afrika se immigrasieprosesse moderniseer […]
# AfriForum sal vandag ‘n volledige funksionele rybewyskaartdrukker voor die hoofkantoor van die Departement van Vervoer in Pretoria demonstreer. Dit volg te midde van ‘n reuse-agterstand na jare se beloftes oor ‘n nuwe drukker. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy is uitgenooi om die demonstrasie by te woon. Louis Boshoff van AfriForum sê die departement […]