# Die wêreld se eerste verbod op sosiale media-rekeninge vir kinders onder 16 staan voor sy eerste groot regsuitdaging in Australië se Hooggeregshof. Reddit en die Digital Freedom Project voer aan dit wet beperk jongmense se reg om aan politieke debat deel te neem en is ongrondwetlik. Die regering sê die beperkings is geregverdig om kinders teen aanlyn skade te beskerm. Die verhoor sal na verwagting vandag voortduur. Byna vyf-miljoen rekeninge op tien platforms is versper sedert die verbod in Desember verlede jaar in werking getree het.
Australië se verbod op sosiale media vir kinders onder 16 in die Hooggeregshof uitgedaag