# Australië is tans die voorloper om volgende jaar die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingkonferensie, COP31, aan te bied. Die land het egter nie sy teiken van ʼn 43-persent-verlaging in vrystellings volgens die Parys-verdrag gehaal nie, wat aardverwarming laer as 1,5-grade Celsius wil hou. Die regering moet ook nog sy verminderingsteiken vir 2035 aankondig, terwyl die sperdatum reeds in Februarie was. Australië se minister van Klimaatsverandering en Energie, Chris Bowen, sê die eer om die COP31-gasheer te wees, sal die land se leierskap in klimaatkwessies herstel.
Australië loop voor om COP31 aan te bied