Skip to content

Australië gaan verdedigingsbesteding in die volgende dekade na 3% van BBP verhoog

# Australië gaan sy verdedigingsbesteding teen 2033 tot drie-persent van die bruto binnelandse produk verhoog. Dit is tans omtrent twee-persent. Dit is in reaksie op die mees komplekse en dreigende omstandighede sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die regering sê die uitbreiding sal bereik word deur ‘n bykomende 116-miljard-rand oor vier jaar en 620-miljard-rand oor die volgende dekade te bestee. Australië wil sy verdedigingsvermoëns ontwikkel te midde van kommer oor toenemende geopolitieke spanning en China en die VSA se invloed in die Indiese-Stille Oseaan. Suid-Afrika bestee ongeveer 0,7-persent van sy BBP aan verdediging.