# Die Aubrey Tau-stigting het ‘n beloning van 250-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van verdagtes in die moorde op niggies Tshiamo en Baleseng Moramaga. Die liggame van die 22- en 21-jarige vroue is gisteroggend in Sompisistraat in Mamelodi-Oos ontdek. Die jong vroue, beskryf as onafskeidbaar en vol belofte, het loopbane in onderwys en skoonheidsterapie gevolg. Die polisie het ‘n dubbelle-moordondersoek van stapel gestuur.
Aubrey Tau-stigting bied R250 000 beloning aan in dubbelle moordsaak in Mamelodi