# Die African Transformation Movement het sy innige meegevoel betuig met die families van die ses mense wat dood en drie wat beseer is in die verbyry-skietvoorval Saterdag in Reiger Park. Een van die beseerdes is ‘n een-jarige wie se pa een van die oorledenes is. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, het die voorval ernstig veroordeel en sê dit ondermyn openbare veiligheid en menswaardigheid. Hy het die SAPD se vinnige optrede geloof en die gemeenskap aangemoedig om die polisie te help met die voortgesette soektog na die oortreders:
ATM veroordeel verbyry-skietvoorval in Reiger Park, vra geregtigheid