Skip to content

Atletiek: Kovsies vier sy atlete in SA span vir Wêreldkampioenskap

# Atletiek: Die Universiteit van die Vrystaat sê hy vier met trots die insluiting van verskeie Kovsies-atlete en -oudstudente in Suid-Afrika se span vir die Wêreldatletiekkampioenskap in Japan. Mthi Mthimkulu, wat tans aan die unversiteit studeer, verteenwoordig die Kovsie Atletiekklub, saam met Miné de Klerk en Wayde van Niekerk. Voormalige Kovsie-atlete Colette Uys en Victor Hogan het ook plekke in die nasionale span losgeslaan. Die span bestaan uit 49 atlete met vier aflosspanne.