# Atletiek: Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het kennis geneem van die uitspraak van die Europese Hof vir Menseregte ten gunste van dubbele-800-meter Olimpiese kampioen, Caster Semenya. Die Europese Hof het bevind dat die Hof van Arbitrasie vir Sport in Switserland teen Simenya diskrimineer het oor haar natuurlike hoë testosteroonvlakke en haar regte op privaatheid, nie-diskriminasie en regsbeskerming geskend het. Semenya is in 2019, ingevolge Wêreldatletiekregulasies, verbied om deel te neem. Die kommissie sê hy sal mettertyd ‘n amptelike verklaring oor sy standpunt uitreik.
Atletiek: Geslagskommissie sal binnekort amptelike verklaring oor Semenya uitreik