Skip to content

Atletiek: 17-jarige Australiese wonderkind vinniger as Usain Bolt op dieselfde ouderdom

# Atletiek: Die Australiese naelloop-wonderkind Gout Gout het vandag twee keer die 100 meter in vinniger as 10-sekondes afgeblits. Albei kere was dit windondersteun en die tye word nie amptelik erken nie. Gout het in Desember die oog gevang toe hy die vinnigste 200-meter tyd ooit deur ‘n 16-jarige behaal het, naamlik 20.04 sekondes. Dit het Usain Bolt se persoonlike beste op dieselfde ouderdom, verbeter. Nou, op die ouderdom van 17, het hy sy 100-meter uitdun by die Australiese Atletiekkampioenskappe in Perth in 9.99 voltooi en het daarna dieselfde tyd in die eindronde behaal.