Skip to content

Arrive Alive waarsku teen polisie-nabootsers wat huiseienaars teiken

# Arrive Alive waarsku Suid-Afrikaners teen misdadigers wat hulle voordoen as polisiebeamptes om toegang tot hul huise te verkry om hulle te beroof. In ‘n onlangs ‘n geval in KwaMashu, Durban, het verdagtes wat slegs gedeeltelike polisie-uniforms gedra het, beweer hulle is op soek na onwettige vuurwapens. Die slagoffers word met vuurwapens aangehou terwyl hul huise geplunder word. Die polisie versoek huiseienaars om beamptes se dokumentasie na te gaan voordat hulle toegang verleen. Ten spyte van die dalende misdaadsyfers, Het Suid-Afrika steeds 34-duisend-631 huisbrake en meer as vyf-duisend huisrooftogte binne drie maande aangeteken. Inwoners word versoek om waaksaam te bly en verdagte bedrywighede aan te meld.