# Arrive Alive het met die oog op die Paas-vakansie beklemtoon hoe belangrik dit is om veiligheidsgordels te gebruik as ‘n lewensreddende ingryping. Die woordvoerder, Simon Zwane, sê met baie Suid-Afrikaners wat langafstandbusse gebruik, bestaan die gevaar van baie padsterftes en beserings. Zwane sê ‘n studie deur die Padverkeersbestuurskorporasie het bevind busongelukke was verantwoordelik vir 21-persent van die padsterftes vanaf 2018 tot 2024 met 580 sterftes en byna een-duisend beserings. Hy is oortuig die behoorlike gebruik van veiligheidsgordels kan hierdie getalle aansienlik verminder.
Arrive Alive bepleit gebruik van veiligheidsgordels voor Paas-vakansie