# Die Internasionale Instituut vir Omgewing en Ontwikkeling sê lande word gedwing om meer geld te leen om skuld te dek van ʼn klimaatskrisis waartoe hulle min bygedra het. Nuwe navorsing toon die wêreld se armste en kwesbaarste lande wat klimaatsverandering betref, bestee meer geld om skuld te delg as wat hulle ontvang om klimaatsverandering te bekamp. Klimaatverwante rampe het die afgelope twee dekades met 83-persent toegeneem. Die instituut se woordvoerder, Sejal Patel, sê arm lande se skuldlas maak dit moeilik om toenemende skade en onvoorspelbare weerstoestande te hanteer.
Arm lande betaal meer om skuld te delg as wat hulle ontvang om klimaatskrisis te bekamp