# Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê waninligting veroorsaak onnodige vrees rondom die gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming. Die adjunk-direkteur, Niresh Singh, het werkers tydens ‘n gelyke indiensneming-inligtingstoer in Durban, KwaZulu-Natal meegedeel dat niemand weens regstellende aksie ontslaan sal word nie. Singh sê die wet is gemik op die transformering van werkplekke in ooreenstemming met die nasionale demografie en beskerm alle werknemers. Die departement het werkgewers ook gewaarsku om beslissend op te tree in gevalle van seksuele teistering.
Arbeidsdepartement sê waninligting stook vrees oor gelyke indiensneming