Skip to content

Appèlhof verleen verlof tot appèl in korrupsiesaak van ANC se Mike Mabuyakhulu

# Die Appèlhof het verlof tot appèl aan die Nasionale Vervolgingsgesag toegestaan teen ‘n uitspraak waarin KwaZulu-Natal se gewese LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Mike Mabuyakhulu, vrygespreek is op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery. Newzroom Afrika berig die saak hou verband met die 2012 North Sea-jazzfees wat nooit plaasgevind het nie, ondanks die departement se betaling van 28-miljoen-rand aan die organiseerder, Soft Skills Communications. Die staat voer aan die hof het fouteer deur Mabuyakhulu vry te spreek.