Skip to content

ANC-Vroueliga verwelkom besluit om regter Mbenenge skuldig te bevind aan growwe wangedrag

# Die ANC-Vroueliga het die Regterlike Dienskommissie se besluit verwelkom om die Oos-Kaapse regterpresident, Selby Mbenenge, skuldig te bevind aan growwe wangedrag, wat ‘n staat van beskuldiging en uitsetting moontlik maak. Die sekretaris-generaal, Nokuthula Nqaba, sê die skuldigbevinding volg nadat hy daarvan beskuldig is dat hy tussen 2021 en ’22 ‘n junior personeellid seksueel geteister het. Sy sê die liga was nog altyd aan die kant van die slagoffer.