# Die ANC-vroueliga eis dat die party se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, getug word en verskoning vra vir die verkleinerende opmerkings wat hy tydens sy veldtog in Noordwes gemaak het. Mantashe het op ʼn joernalis se vraag oor seks vir werk, na vroue se geslagsdele verwys. Die vroueliga se sekretaris-generaal, Nokuthula Nqaba, het aan Newzroom Afrika gesê die opmerkings was onnodig onvanpas en kom neer op herhaalde beledigings en aanvalle op vroue. Sy sê Mantashe se ouderdom is geen verskoning vir sy oneerbare gedrag nie:
ANC-vroueliga eis optrede teen Gwede Mantashe oor verkleinerende opmerkings [KLANK]
ENG NqabaOnMantashe